Die Taalmuseum se fraai klein vlugsouthouer
Vlugsout is reeds vanaf die Romeinse tyd gebruik en word vermeld in die geskrifte van Plinius waar hy na die sout van Ammoniacum verwys. Ander bronne wat na vlugsout verwys, is die 1200’se alchemiste wat dit sal ammoniac genoem het en in die Canterbury Tales (1300’s) word daar verwys na sal armonyak. Vlugsout het ook bekend gestaan as sal volatile en hartshorn (verwysend na die skaafsels van horing en hoewe van ʼn hert wat bygemeng is) in die 1600’s.
Tydens die Victoriaanse tydperk (1837-1901) was vlugsout ʼn alledaagse middel. Dit is veral gebruik om vroue wat flou geword het, by te bring. Die vlugsout is met asyn, parfuum of alkohol gemeng en op ʼn sponsie gedrup. Die sponsie is dan in ʼn sierlike houertjie, wat ʼn vinaigrette genoem is, gehou en die persoon het dit altyd byderhand gehou. Tydens die 1800’s is vrouens uitgebeeld as baie broos en die gebruik om baie stywe korsette te dra het die geneigdheid tot floutes bevorder.
Foto’s: Pinterest, Taalmuseum en TheMuseumatFIT
[ngg src=”galleries” ids=”3″ display=”basic_slideshow”]