Die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans (SBA) het onlangs ‘n opwindende viertalige publikasie in die Bo-Kaap bekend gestel. Die inkleurboek FATIMA, deur Klavs Skovsholm geskryf en geborg, is gemik op kulturele, taal en visuele geletterdheid. Dit is nie net in Afrikaans, Arabies, isiXhosa en Engels beskikbaar nie, maar ook in braille-weergawes van al die tale, selfs Arabies wat baie uniek is, asook volledig op video in gebaretaal. ‘n PDF-weergawe van die boek kan gratis afgelaai word by https://www.taalmuseum.co.za/wp-content/uploads/2019/10/fatima-A4-lae-resolusie-finaal.pdf
Sien www.sbafrikaans.co.za vir meer