Valentynspiekniek ❤️

Donderdag, 14 Februarie 2019 | 17:00 – 22:00 | Taalmonument

Kaartjies beloop R40 per volwassene en R10 vir kinders. Kaartjies is beskikbaar by Computicket of by die hek.

Gaste is welkom om hul eie piekniekmandjies te bring of een vooraf by die Volksmond Koffiewinkel op 021 863 2800 te bestel (R300 vir twee persone of R400 met ‘n mandjie ingesluit). Volksmond sal oop wees vir koffie en ligte verversings asook pizza. Onthou ook asseblief warm kleding en ʼn flits

Vir meer inligting oor al die ander opwindende geleenthede by die Taalmonument, skakel 021 863 0543/4809, besoek www.taalmonument.co.za of volg ons op Facebook, Instagram en Twitter.