Kom kuier gerus by die ikoniese Taalmonument om meer oor die geskiedenis van een van Afrika se jongste tale, Afrikaans, te ontdek! Het jy geweet dat die wortels van Afrikaans oor drie kontinente versprei lê, naamlik Europa, Asië en Afrika? Die argitek, Jan van Wijk, het die monument juis só ontwerp om erkenning te gee aan die diverse herkoms van Afrikaans en met inagneming van die pragtige natuurgebied. Boonop het ons ‘n restaurant met lekker kos en ongelooflike vergesigte op die Kaapse Skiereiland en Bolandse berge. Ook is daar ‘n Groen Galery met nuwe skeppende werke in Afrikaans asook speelparke en buitelug-speletjies. Die museum en monument bied gereeld uitsonderlike geleenthede aan, dus kliek hier vir die jongste inligting op ons sosiale mediaplatform. As jy ook die Taalmuseum in die Paarl op dieselfde dag besoek, kry jy afslag op die toegangsgeld daar, dus behou asseblief jou oorspronklike monument-betaalstrokie.

Gratis begeleide toere is beskikbaar van Maandae tot Vrydae – naweke en vakansiedae slegs met voorafbespreking vir ’n minimum van 20 persone.
Ons het ook oudiotoere beskikbaar in Afrikaans, Engels, Xhosa, Frans, Nederlands en Duits.

WAAR IS ONS?

Adres: Gabbema Doordriftstraat, Paarlberg, Paarl – volg die bruin borde vanuit die Paarl se Hoofstraat
GPS-koördinate: 33° 45′ 58.64″ S 18° 56′ 35.36″ O
Aanwysings en kaart

OPENINGSTYE van die TAALMONUMENT

Oop: Ma. tot So. 08:00–17:00 (Apr. tot Okt.) en 08:00–20:00 (Nov. tot Mrt.)
Gesluit: Kersfees (25 Des.) en Nuwejaar (1 Jan.)
Laaste toegang is 30 minute voor toemaaktyd. Let asseblief op dat die Besoekersentrum en die Koffiewinkel om 16:45 sluit.

TOEGANGSFOOIE van 1 APRIL 2019 tot 31 MAART 2022

Kontant aanvaar en kredietkaartgeriewe beskikbaar.
Verjaar jy? Bring jou Suid-Afrikaanse ID saam vir gratis toegang!

VOLWASSENES

  • R40
  • Vir Drakenstein-inwoners met geldige biblioteekkaartjies: R10
  • Wil jy Taalmonument én Taalmuseum besoek? R10 afslag by tweede besoekpunt – toon betaalbewys van eerste besoekpunt
  • Gratis vir Drakenstein-inwoners met geldige biblioteekkaartjies op die volgende dae: Internasionale Moedertaaldag (21 Feb), Menseregtedag (21 Mrt), Internasionale Monumentdag (18 Apr), Vryheidsdag (27 Apr), Werkersdag (1 Mei), Internasionale Museumdag (18 Mei), Afrika-dag (25 Mei), Jeugdag (16 Jun), Vrouedag (9 Aug), Taaldag (14 Aug), Erfenisdag (24 Sep), Taalmonument-verjaarsdag (10 Okt)
  • Wil jy slegs koffiewinkel besoek? R10 toegang, mits jy vooraf by koffiewinkel op 021 863 2800/072 705 3590 bespreek het sodat bespreking na toegangshek deurgegee kan word (vergunning geldig tot 31 Junie 2020)

TOERGROEPE

  • Gewone toegangsfooi per persoon, maar toeroperateurtarief en STO onderhandelbaar. Doen hiervoor vroegtydig skriftelik aansoek by admin@taalmuseum.co.za. Toergidse en busbestuurders gratis.

PIEKNIEKGROEPE

  • Gewone toegangsfooi (20+ persone MOET vooraf bespreek)

SA STUDENTE en SA PENSIOENARISSE 

  • R10 (met bewys)

KINDERS 

  • R5 (gratis onder ses jaar)

SKOOLGROEPE

  • R5 per leerder, 2 opvoeders en busbestuurder se toegang is gratis per groep (bespreek asseblief vooraf vir opvoedkundige programme)

PERMITTE

  • JAARPERMIT: R120 vir individue/R220 vir ‘n gesin van vier – sluit onbeperkte toegang tot die museum, die monument, wandelpaaie en Volmaanpieknieks in
  • FIETSRYPERMIT: Gewone toegangsfooi/jaarpermit teen R220 per persoon  – sluit toegang tot bergafbane, Taalmuseum, Taalmonument en Volmaanpieknieks in
  • STAPPERMIT: Gewone toegangsfooi plus R20 deposito vir sleutel

GELEENTHEDE

  • VOLMAANPIEKNIEKS: Gewone toegangsfooi (kaartjies by Computicket/Taalmonument/hek beskikbaar)
  • STERREKYKPIEKNIEKS: Volwassenes R40/Kinders R10 (kaartjies slegs vooraf by Computicket/Taalmonument beskikbaar)
  • KONSERTE BY TUINTEATER/AMFITEATER: Pryse wissel, maar besoekers aan Tuinteater kan ook monument gratis besoek

KONTAK ONS

Tel: +27 (0)21 863 0543 of (0)21 872 3441
E-pos navraag
Volg ons op Twitter: Taalmonument
Volg ons op Facebook
: Afrikaanse Taalmonument
Volg ons op Instagram: Taalmonument

BESOEKERSENTRUM

Die sentrum huisves ‘n uitstallokaal, ‘n boekwinkel, kantore en ‘n konferensielokaal.

KONFERENSIELOKAAL

Ons konferensielokaal is beskikbaar vir vergaderings, werkswinkels, lesings en opleidingsessies en is geskik vir ‘n maksimum van 30 tot 50 mense. Tarief: R45 per persoon (toegangsfooi ingesluit) met ‘n minimumfooi van R600.

TROU- en ander AMPTELIKE FOTO’S

Slegs met voorafbespreking:
1-10 mense R200 11-20 R400 21-30 R550 31-50 R850 51-100 R1 600 >100 onderhandelbaar
Bykomende bystanddiensfooi buite werksure: R120 per uur of enige gedeelte daarvan
Seremonie/piekniekonthaal: R750 (maksimum 25 persone)

HANDELSFOTOGRAFIE

Slegs met voorafbespreking:
Verfilming (rolprent) R20 000 (voldag) R10 000 (halfdag) Verfilming (advertensies) R16 000 (voldag) R8 000 (halfdag) Handelsfotografie (stilfotografie) R13 000 (voldag) R7 000 (halfdag) Handelsfotografie/verfilming (SA maatskappye) R5 500 (onderhandelbaar) Fotoportefeuljes (SA studente) R500
Bykomende bystanddiensfooi buite werksure: R120 per uur of enige gedeelte daarvan

BEPALINGS EN VOORWAARDES

Bepalings en voorwaardes geld. Besoekers besoek die perseel op eie risiko.  Die ATM sal nie verantwoordelik gehou word vir enige verlies, skade of besering wat opgedoen word nie. Bogenoemde fooie is slegs geldig vir gewone toegang/soos aangedui en nie vir spesiale geleenthede of funksies nie. Versoeke vir afslag moet skriftelik aan die Direkteur gerig word. Inkomste uit toegangsfooie en verhurings word gebruik om die tekort in die subsidie van die Departement van Kuns en Kultuur aan te vul. Dit word aangewend vir instandhouding en om opvoedkundige programme en erfenisprojekte aan te bied. Reg van toegang word voorbehou. Geen wapens, troeteldiere of smouse word op die perseel toegelaat nie.

ALGEMEEN

  • WAARSKUWING: gevaarlike diere, waaronder slange, spinnekoppe en skerpioene, kom op die terrein van die monument voor.
  • Geen vure word toegelaat nie.
  • Slegs gidshonde word toegelaat.
  • Geen kommersiële of portefeulje fotografie of verfilming word toegelaat sonder vooraf toestemming en ‘n permit nie.
  • Pieknieks: groepe van groter as 20 persone moet vooraf bespreek.
  • Kinderpartytjies: voorafbespreking noodsaaklik; geen springkastele ensovoorts nie.<

BESOEKERS MAG NIE

  • Enige plante, blomme, sade of bome beskadig of verwyder nie.
  • Enige diere pla, beseer, voer, aanraak, vang of verwyder nie.
  • ’n Radio of musiekinstrument speel of ’n geraas maak nie.
  • Op die monument, op die dak van enige geboue, op rotse of in bome klim nie.
  • In die fontein swem nie.
  • Vullis of sigaretstompies strooi nie.
  • Hommeltuie gebruik sonder vooraf toestemming nie.
  • Vuurwerke afskiet nie.