Aanwysings na die Taalmonument op Paarlberg
(Let wel: die museum en monument is op twee verskillende plekke – 7,5km van mekaar – geleë.)
Neem die Nommer 55 afrit van die N1 af na Hoofweg – Paarl. Bly op Hoofweg (rigting Paarl-sentraal) vir ongeveer 500m en draai links in Flambeaustraat (die eerste straat links) op. Volg die bruin aanwysingsbordjies tot by Gabbema Doordriftstraat wat verby Laerskool Courtrai lei na die Taalmonument bo-op Paarlberg.
Adres: Gabbema Doordriftstraat, Paarlberg, Paarl
Klik hier vir adres via Google Maps