Taalmonument, munisipaliteit en Historium Trust vereer tien spesiale vroue

Voortbouend op die afgelope jare se suksesse, word nominasies namens die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM), in samewerking met die Historium Trust en Kaapse Wynlande-distriksmunisipaliteit, ingewag om tien onbesonge heldinne van hierdie gemeenskap te vereer. Die “Fenomenale Vroue”-wenners sal tydens ‘n spog-galageleentheid ter viering van Vrouemaand op Woensdag, 28 Augustus 2024, hul pryse ontvang.

Die publiek kan tot 31 JULIE 2024 enige vrou, wat haar inspirerende werk in die Kaapse Wynlande-distriksmunisipaliteit verrig en hier woon, vir verskeie kategorieë nomineer. KLIK HIER VIR ‘N VORM of besoek capewinelands.gov.za en klik op die banier Phenomenal Women – dit is ook selfoon-vriendelik! Vul die vorm volledig elektronies of per hand in en e-pos dit na info@historium.co.za of WhatsApp die inskrywing na 076 017 6026.

Gedrukte nominasievorms kan ook by enige munisipale kantoor of die Historiumsentrum in Pastorielaan verkry en ingehandig word. Kontak Amila Ernstzen op 021 872 2022 of info@historium.co.za met enige navrae. Sien meer rakende die 2023-geleentheid hier.

*            Vir meer inligting oor al die opwindende geleenthede, konserte en kursusse by die Taalmonument en Taalmuseum, skakel 021 872 3441/863 0543, besoek taalmonument.co.za of volg hulle op Facebook. Die webtuiste bied boonop virtuele toere van die monument en museum, inligting in ses tale oor die simboliek van die Taalmonument asook baie interessante artikels oor Afrikaans, veeltaligheid en die instelling se verlede, hede en toekoms. Daar is voorts heelwat bronne vir skool- en navorsingsprojekte. Jaarpermitte kos slegs R120 vir individue of R220 per gesin, wat onbeperkte toegang tot die ATM, bistro en Volmaanpieknieks insluit. Die bistro bied daagliks heerlike kos en pragtige vergesigte; kontak hulle via diesuikerkan.co.za of 082 216 2510.