R5 000 is op die spel! Die Poort-Skryfkompetisie is ‘n projek van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, wat ten doel het om skeppende skryftalent in Afrikaans by hoërskoolleerders aan te moedig en sodanige kreatiwiteit uiteindelik te waardeer en aan ‘n groter gehoor bloot te stel. Hierdie kompetisie vind al vanaf 1971 plaas en gaan jaarliks van krag tot krag! Die kompetisie skep ‘n forum om leerders wat oor skryfpotensiaal beskik te identifiseer en aan hulle blootstelling te gee deur middel van die Poort-publikasie wat jaarliks verskyn met gekeurde werk in die genres prosa en poësie. Klik hier vir die kompetisiereëls sowel as die inskrywingsvorm.
Sien ook www.taalmuseum.co.za/artikels-bronne/ vir skoolprojekte oor die Taalmonument en Afrikaans.