In die aanloop tot die Afrikaanse Taalmuseum en -monument se 50ste bestaansjaar in 2025, bied ons vanjaar ‘n swierige dans om ons 49ste jaar te vier. Maak dus solank ‘n nota dat jy en vriende en familie op Saterdag, 12 Oktober 2024, ‘n afspraak in die Paarl-stadsaal het! Besonderhede sal volg op taalmonoment.co.za en sosiale media.