Skoolgroep se dank aan opvoedkundige beampte wys weereens hoe genotvol ‘n besoek aan ons is.
“Beste Janine (Brown). Ek wil net graag vir julle bedank vir ‘n baie suksesvolle en genotvolle uitstappie op 1 Maart 2019 by die Taalmuseum en Taalmonument. Die praatjie by die museum – ‘n idee wat vir hedendaagse kinders baie vaal en vervelig klink – was so oulik aangebied dat hulle aan jou lippe gehang het en hulself terdeë geniet het. Baie dankie dat julle die taal vir hul lewendig en vermaaklik gemaak het. Die monument se besoek is ‘n groot hoogtepunt vir die kinders, maar weereens het jy hul aandag gehou met jou interessante aanbieding. Ons sien jul defintief weer volgende jaar die tyd met ‘n vars groep nuuskierige Graad 5’s.
Groete
Michelle van Zyl
Christelike Privaatskool Malmesbury”