Die jaarlikse Interskole Redenaarskompetisie vir laerskole, wat aangebied was deur die Afrikaanse Taalmuseum en -monument en Laerskool Paarl Gimnasium, het op 19 April 2021 plaasgevind. Die prysgeld van hierdie kompetisie was met trots geborg deur die Afrikaanse Onderwysnetwerk.

Deelnemers:
🏆1️⃣ Amelia Minnaar – Laerskool Paarl Gimnasium (1ste plek)
🏆2️⃣ Heike Hoffeldt – Laerskool Paarl Gimnasium (gesamentlik 2de plek)
🏆2️⃣ Raynard de Beer – Paarl Primêre Seunskool (gesamentlik 2de plek)
🏆3️⃣ Eula Nel – Paarl Meisieskool (3de plek)