Ekonomiese Waarde van Afrikaans ATM en ATR Taalmuseum 2017 Webwerf

Seminaar: Wat is die ekonomiese waarde van Afrikaans vir families en jong mense?

Die Afrikaanse Taalraad, Afrikaans.com en die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM), vra op Saterdag 14 Oktober in die Paarl groot vrae oor die ekonomiese waarde van Afrikaans vir families en jong mense:

Wat is die ekonomiese waarde van Afrikaans?
Maak Afrikaans families ryker of armer?
Wat is die groot geheim van suksesvolle Afrikaanssprekendes?
Hoe verdriedubbel mens jou kind se toegang tot goeie werksgeleenthede?
Hoe verbeter mens jou kind se toegang tot internasionale geleenthede?

Die gespreksleier is prof. Jannie Rossouw, bekende ekonoom verbonde aan die Universiteit van die Witwatersrand.

Ons drie sprekers is:
-Karen Meiring: direkteur van Afrikaanse kanale by M-Net;
-Dr. Christa van Louw: sakevrou; en
-Marius Swart: taalbeplanningsdeskundige in die Universiteit Stellenbosch se Departement Afrikaans en Nederlands.

Kom luister na wat ons sprekers te sê het en neem aan die gesprek deel. Hierdie is nie ʼn geleentheid vir net luister nie. Ons gaan praat en wil almal se standpunte hoor!

Plek: Historium Konferensiesentrum in Pastorielaan, Paarl.
Dag: Saterdag 14 Oktober
Tyd: 09h30 in die oggend.

Bywoning is gratis hoewel sitplekke beperk is.

Skryf dus so gou moontlik aan Ria Olivier, ria@afrikaansetaalraad.co.za, of Jeffrey Pietersen, bemarking2@taalmuseum.co.za om jou familie se plek te verseker. Jong mense en leerders is ook welkom.
Skakel gerus 021 872 3441 of 021 951 4391 vir meer inligting.