Weens verfilmingswerk sal die Taalmonument en Suikerkan Bistro helaas van 4 tot 6 Maart gesluit wees.

VAN 29 FEBRUARIE TOT 3 MAART sal albei oop wees, maar die fontein sal ontoeganklik wees vir die publiek. Die Valentynsaand op 14 Februarie en Sterrekykpiekniek op 2 Maart gaan voort soos normaal. Ons vra om verskoning vir enige ongerief.

Die Taalmuseum in Pastorielaan, Paarl, sal soos normaalweg oop wees.

Sien taalmonument.co.za vir besonderhede.