’n Groep van 168 leerders van St Albans Primêr in Wellington het afgelope Woensdag, 6 Maart, die Afrikaanse Taalmonument kom besoek ter viering van Waterweek. As deel van die program het Cape Nature en Werk met Vuur opvoedkundige praatjies en demonstrasies rakende natuurbewaring en waterbesparing aangebied. Die Taalmonument se missies sluit in om die groter gemeenskap te bemagtig en om die natuurlike omgewing vir die nageslag te herstel en te bewaar. Sien www.taalmuseum.co.za/visie-missie-waardes.