In 2020 vier die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) ons 45ste verjaardag. Danksy honderde jare se skeppingswerk, mag ons ons vandag daarin verbly dat daar nie net ‘n unieke instelling ter ere van een van Afrika se jongste tale, Afrikaans, in 1975 opgerig is nie, maar dat hierdie kleinode rotsvas staan deur nuwe verwikkelinge te omarm. Die ATM gaan van 2020 ‘n grootse jaar maak, met talle bykomende aktiwiteite en vieringe om die ryke diversiteit van Afrikaans se wortels én hedendaagse gedaantes te besing.

28 & 29 Februarie 2020

 

 

 

Die ikoniese Taalmonument en Taalmuseum se feesjaar spring op 28 en 29 Februarie 2020 weg met ’n naweek van musiek, stories, kindervermaak en ‘n mark op die wonderskone Paarlberg. Dan is daar boonop ʼn pretstap, joga, jazz en digkunsklas om te verseker álmal het ʼn prettige manier om een van Afrika se jongste tale te vier. Die veeltalige, multikulturele program sal Afrikaans in al haar pragtige gedaantes laat pronk, en weereens bemind onder sprekers en nie-sprekers maak.
Vir besonderhede oor hierdie geleenthede met onder andere Die Heuwels Fantasties, V.I.T.O, Lungi, Die Jaloersbokkies, Jak de Priester en Ramon Alexander kliek hierso.
Kaartjies vooraf te koop by Taalmonument op Paarlberg (021 863 0543) & by Taalmuseum in Paarl (021 872 3441) & aanlyn via Computicket (www.computicket.co.za)