Met Kersfees om die draai, is hierdie voorstelle – in ou Afrikaans – van mevrou Elizabeth Jane Dykman(ook Dijkman gespel) se ‘Di Suid Afrikaanse Kook-, Koek- en Resepte Boek’ (1891) die perfekte spysplanne.

Kalkoen gebraai

Trek di vere versigtig droog uit, skroei die kleine veertjies met wit gebrande papier goed af, haal di binneste goed uit, sit die lewer op sy, was dan di kalkoen skoon van binne en buite, droog goed af binne en buite, sny dan di nek af dig by di rug, maar laat genoeg van di vel  oer te slaan, breek di been of poot net onderkant di knieë af, trek dan di senings af van die boutjies, slaat di bors plat met ‘n rolstok, dan lyk dit mooi en rond, stop di kalkoen dan vol met vulsel, en naai di vel van di nek oer naar di rug, steek anders ‘n staal pennetji daardeur om reg te hou, steek ‘n pennetji deur di dy en vlerk deur di lyf, sit di lewer elkeen onder ‘n vlerk, druk di pote styf teen di lyf en bind vas met ‘n tou, smeer ‘n stuk skoonwit papier met botter, maak vas op di kalkoen op di bors, ‘n halwe uur voor opskep, haal die papier af en strooi die kalkoen met fyn meel, sit ‘n stukki botter op ‘n groot sop lepel, hou dit oer di kalkoen in di pot tot dit smelt, laat dit so afdrup daarop, braai in diselfde pot sousys of frikkedel en sit dit op di skottel rond om di kalkoen.

Vulsel vir kalkoen

Neem ‘n half pond ma-er varkvlys, half pond vet varkvlys of niervet, 3 ons broodkrummels, 1 eetlepel sali, 2 blaartjies fyn foeli, bietji sout en peper, 2 eiers, kap di vlys algar mooi fyn en maak dit nat met di eiers,stop dan die kalkoen.

Gebraaide speenvark

Maak mooi skoon, stop dit met frikkadel, strooi peper en sout van binne, set ‘n rou aardappel in di mond, set dan in ‘n brood plaat in di oond of in ‘n pot, dit moet gedurig met botter of vet bestryk word, op di manier, set di botter of vet in ‘n skuinspan of grote soplepel, en gooi daarme di botter oer di kop en rug van di varki, set pisang of koolblare op di varki dit ni skroei ni.

Skaap bout gebraai

Was en droog dit goed af, sny af di voorbeen, sprinkel peper en sout, set in di pot met ‘n koppi water, laat stadig kook, as byna gaar is, strooi dan ‘n bietji meel en sout of ‘n bietji botter en vet daaroer, as heeltemal gaar is, gooi dan ‘n groot koppi kokend of warm water oer en ‘n skootji asyn, maak goeie sous daarby. Moet ni di bout steek met ‘n vurk ni; maar eer dit begin braai keer dit om met ‘n lepel.

Patatas gestoof

Skil patatas en sny an platte skyfies, gooi in ‘n kom water met sout in, was dan af en set dit mooi in lage in ‘n pot of kastrol, as algar in is, strooi dan goed suiker oer, ‘n paar stukke kaneel, 10 of 12 kruinagels, ‘n goeie lepel vet of botter, en ‘n glas water of wyn, laat stadig kook. Anders kook di suiker met di wyn en water en kaneel, gooi dit oer di patatas en stoof so klaar.

Krismis Plum Poeding

Neem 1 en ‘n half pond resyntjies, half pond korente, half pond limoenskil, driekwart pond broodkrummels, driekwart pond niervet, 8 eiers, 1 kelki brandewyn, half teelepel kaneel, driekwart pond meel, kap di niervet, vryve di brood fyn, sny di skil mooi dun en sny di resyntjies in die helfte, was di korente en soek dit skoon uit, maak dan algar deurmakaar, klop di eiers fyn en di brandewyn daarby, roer dit en di andere goed, strooi meel in ‘n skone doek en set di poeding daarin om te kook vir 4 of 5 uur lank.

  • Mev Dijkman skryf die volgende in haar boek: “As di resepte deur julle noukeurig geweeg en gemaak word, dan moet alles goed kom. Di fout sal an juule lê as dit ni goed kom ni. Dus let maar goed op, en weeg en meet sekuur af, al is dit ‘n bietji moeilik. Di uitkoms beloon di bietji moeite, geloof my, want ek het dit by ondervinding.”