‘n Verskeidenheid artikels en akademiese artikels wat die afgelope paar jare oor Afrikaans, veeltaligheid asook die Afrikaanse Taalmuseum en -monument verskyn het.
Kontak ons gerus met nog voorstelle.


Wat verdedig ons? Die Afrikaanse kampus as fabriek
Deur Louis du Plessis – 28 April 2021, www.litnet.co.za

Sulke instellings veg nie vir finansiële gewin nie. Hulle beskerm dit waarsonder daar géén geesteslewe en géén Afrikaanse prestasies kan wees nie. Hulle verdedig een van ons kosbaarste bates: die fabrieke wat vaktaal skep.
[Lees volledige artikel hier] [PDF-weergawe kan hier gevind word]

Kwaai! Khoekhoegowab eggo weer aan die Kaap van Goeie Hoop
Deur Miriam Mannak – 23 April 2021, www.vryeweekblad.com

Toe apartheid in 1994 geëindig het, is die paar amptelike Suid-Afrikaanse tale tot 11 verhoog om die land inklusief vir almal te maak. Maar een groep is skynbaar vergeet: die inheemse inwoners van wat vandag die Vrystaat, Noord- en Wes-Kaap is. Khoi-San-tale, onder die wêreld se oudstes, word skaars op enige plek erken. Dit begin nou verander danksy die werk van individue, die regering, akademici en universiteite.
[Lees volledige artikel hier] [PDF-weergawe kan hier gevind word]

“Dala Afrikaans!” – die geboorte van ’n nuwe taalbeweging
Deur Frederik Rudolph van Dyk – 20 April 2021, www.litnet.co.za

Die strate van Stellenbosch het op 9 April 2021 met ’n groep heldhaftige en besorgde voorstanders van Afrikaans aan die Universiteit Stellenbosch te kampe gehad. Wat is hier gebore, wat het hier ontstaan? 
[Lees volledige artikel hier] [PDF-weergawe kan hier gevind word]

Verwelk Afrikaans? Nie noodwendig nie
Deur Ismail Lagardien – 20 Maart 2021, www.vryeweekblad.com

Om Afrikaans te bewaar moet mense hul eie oortuigings, waardes, oordeel en praktyke ondersoek, en erken dat terwyl hulle dit uitoefen, dit hulle weer sal vorm en hervorm. 
[Lees volledige artikel hier] [PDF-weergawe kan hier gevind word]

The Mapulanas’ fight for mother-tongue recognition
By Masoka Dube – 15 March 2021, www.dailymaverick.co.za

In a battle to rewrite colonial history, activists want to ensure Sepulana, a language classified as a dialect under apartheid is recognised as a sovereign official tongue.
[Read complete article here] [PDF version can be found here]

Die kartering van Gariepafrikaans
Deur Hendrik Theys – Maart 2021, www.taalmuseum.co.za
 
As deel van die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) se missie om versweë geskiedenisse van die taal te belig is ‘n jarelange navorsing in die Noord-Kaap gedoen om Gariepafrikaans te karteer en volksverhale op te skryf. Taalkenner Hendrik Theys het die taalkundige aspekte van Gariepafrikaans ontleed wat voorkom in opnames gemaak deur amptenare verbonde aan die ATM. Die skrywer gebruik die term Gariepafrikaans eerder as Oranjerivierafrikaans om die inheemse wortels van hierdie variëteit van Afrikaans te beklemtoon, veral omdat die Oranjerivier voor kolonisasie as die kai !Gariep bekend gestaan het.
[Lees die volledige PDF-verslag hier
 
Het zwarte Afrikaans van Namibië emancipeert zich
Deur Marc van Oostendorp – 22 November 2020, www.neerlandistiek.nl

Het Afrikaans is geen officiële taal meer in Namibië sinds het land dertig jaar geleden onafhankelijk werd van Zuid-Afrika. Die rol wordt tegenwoordig vervuld door het Engels. Toch speelt de taal nog een belangrijke rol in het dagelijks leven, als een lingua franca. En wat blijkt: langzaam ontwikkelt zich, in ieder geval onder de zwarte bevolking van Namibië, een eigen variëteit van de taal.
[Lees volledige artikel hier] [PDF-weergawe kan hier gevind word]

Sake voortspruitend: ’n Reaksie op Michael le Cordeur se hervormingstrategie vir die Afrikaans-skoolkurrikulum
Deur Gerhard van Huyssteen – 4 November 2020, www.litnet.co.za

In Michael le Cordeur se bydrae tot LitNet se SA Skoleseminaar, getiteld “’n Strategie vir die insluiting van Kaapse Afrikaans by die formele skoolkurrikulum”, bied hy ’n viervoudige strategie (met enkele aksiestappe) aan, saam met ’n sestal aspekte/vrae wat in hierdie strategie aandag moet ontvang. In die slotparagraaf maak hy dit duidelik wat die doel van so ’n strategie sou wees:
[Lees volledige artikel hier] [PDF-weergawe kan hier gevind word]

The filmmakers advancing a radical Black Afrikaans
By Sindi-Leigh McBride – 3 November 2020, www.mg.co.za

A decade after the release of Dylan Valley’s debut film, Afrikaaps: The Documentary, artists are working with Afrikaans in exciting ways to reflect on the history and future of the language.?
[Read complete article here] [PDF version can be found here]

The language of Afrikaans is not the problem
By Conrad Steenkamp – 2 August 2020, www.mg.co.za

Once a year, Unisa honours Dr Neville Alexander, one of the most eminent advocates of multilingualism in South Africa, by way of a commemorative lecture. How does one reconcile this with the institution’s position regarding Afrikaans as outlined by the Unisa vice-chancellor, Professor Mandla Makhanya in his article “On language, power and privilege in tertiary education” (M&G July 9)?
[Read complete article here] [PDF version can be found here]

’n Manifes vir Afrikaans – ’n repliek
Deur Johan Bekker – 8 Julie 2020, www.litnet.co.za

As daar in Nederland, weens die bedreiging wat Engels inhou, ’n behoefte aan ’n manifes vir Nederlands bestaan, hoeveel te meer nie vir Afrikaans in sy huidige benarde situasie nie?…Kaaps is nie volwaardige Afrikaans soos soms beweer word nie (97). Dit is ’n mengeltaal wat weens sy groot Engelskomponent die voortbestaan van Afrikaans bedreig.
[Lees volledige artikel hier] [PDF-weergawe kan hier gevind word]

Believe it or not, Afrikaans is black
By Simnikiwe Hlatshaneni – 1 July 2020, www.citizen.co.za

Considering the history of Afrikaans which far precedes its use as a language of oppression, and the fact that it is the third-most prevalent language in the country, Afrikaans could also be used as a tool to help bring South Africans together.
[Read complete article here] [PDF version can be found here]

Die toekoms van Kaaps, ‘n webinaar – 16 Junie 2020, www.youtube.com

Heindrich Wyngaard praat met verskeie kenners tydens ‘n interessante gesprek oor hierdie onderwerp. Dit het in samewerking met die Afrikaanse Taalraad (ATR), die Afrikaanse Taalmuseum en -monument en LitNet plaasgevind.
[Bekyk video hier]

Sowetodag en die rol van Afrikans
Deur Michael Jonas, direkteur van die ATM – 16 Junie 2020, www.netwerk24.com

As ‘n vierjarig kind sou hy op 16 Junie 1976 nooit kon dink dat hy 44 jaar later aan die hoof sou staan van een van die duurste (Apartheid-)monumente wat tydens die hoogty van Afrikaner nasionalisme opgerig is nie.
[Lees volledige artikel hier] [PDF-weergawe kan hier gevind word]

Museumdag 2020 plaas fokus op Taalmuseum se relevansie – 14 Mei 2020, www.litnet.co.za

Die internasionale museumraad (ICOM) vier sedert 1977 Internasionale Museumdag waardeur museums regoor die wêreld op of rondom 18 Mei die geleentheid gebruik om op skeppende wyses en deur spesiale aktiwiteite uiting te gee aan ’n bepaalde tema. Vanjaar se tema is “Museums vir gelykheid: Diversiteit en inklusiwiteit”, wat weer die kollig plaas op die werklike doelstellings van museums, skryf Michael Jonas, direkteur van die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM).
[Lees volledige artikel hier] [PDF-weergawe kan hier gevind word]

Eis jou Afrika-narratief op
Deur Elvis Saal, raadsvoorsitter van ATM – 27 April 2020, www.taalmonument.co.za

Vandag vier ons die dag in 1994 waartydens nie net alle Suid-Afrikaners nie, maar ook Afrikaans bevry is… Sulke vieringe gee ‘n mens stof tot nadenke: om terug te kyk, maar ook om vorentoe te kyk. Ons is almal bewus van die omstrede geskiedenis van die monument in die besonder. Die museum het egter nooit dieselfde omstredenheid en sporadiese bespotting as dié van die monument ontlok nie. 
[Lees volledige artikel hier] [PDF-weergawe kan hier gevind word]

Afrikaans as liminale transnasionale literêre sisteem: ’n Paar gedagtes oor ontlaering uit QwaQwa
Deur Azille Coetzee – 24 Januarie 2020, www.litnet.co.za

Dit is met hierdie vraagstuk dat ’n groepie akademici en studente Oos-Vrystaat toe reis vir die tweede Ontlaering-kongres by die QwaQwa-kampus van die Universiteit van die Vrystaat. Die organiseerders van Ontlaering probeer platforms skep waardeur die pedagogiek van die Afrikaanse letterkunde herverbeel kan word deur die Afrikaanse letterkunde te situeer in ’n globale konteks, oor fisiese en metafisiese grense heen. Hulle vra: Hoe kan ons Afrikaanse letterkunde aanbied vir nuwe generasies studente op ’n manier wat die skanse van die laer deurbreek?
[Lees volledige artikel hier] [PDF-weergawe kan hier gevind word]

Oertaal tot toekomstaal: Afrikaans se komvandaan staan soos ’n paal bo water – 22 November 2019, www.vryeweekblad.com

In dieselfde jaar (1991) wat MICHAEL JONAS en SYBRANDUS ADEMA mekaar in ’n Stellenbosse Afrikaans-Nederlands-klas raakgestudeer het, het Max du Preez besoek afgelê by die Afrikaanse Taalmonument op Paarlberg. Intussen het die VWB “gesterf” en herleef, en het Michael en Sybrandus mekaar “verloor” en weer gevind – dié keer by die einste monument wat in 2020 45 jaar jonk is. Dié repliek op Max se skrywe is dalk laat, maar liewer laat as nooit.
[Lees volledige artikel hier] [PDF-weergawe kan hier gevind word]

Taaltwiste: van toeka tot 2020 – 22 November 2019, www.vryeweekblad.com

Die lewe van die Afrikaanse Taalmonument sou nooit maklik wees nie: van konsepsie in 1942 tot geboorte in 1975 tot storm-en-drang-tienerskap tussen 1990 en 1994, en eindelik middeljarigheid in 2020, moes sy ’n swaar las dra. ’n Las wat ligter raak, reken MICHAEL JONAS en SYBRANDUS ADEMA, wat ’n paar taalswaeltjies op die horison gewaar.
[Lees volledige artikel hier] [PDF-weergawe kan hier gevind word]

Kaaps in die klaskamer – ’n onderhoud met Earl Ray Basson
Deur Cliffordene Norton – 19 November 2019, www.litnet.co.za

Earl Ray Basson is ’n navorser verbonde aan die Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie, waar hy Afrikaans Eerste Addisionele Taal doseer. Sy navorsingsbelangstellings is onder meer sosiolinguistiek, taalbeplanning en -beleidstudie, kurrikulumstudie en letterkunde. Hy gesels met Cliffordene Norton oor sy tesis, ‘’n Kritiese ondersoek na die plek van Kaapse Afrikaanse taalkunde en kallitidentiteit in die Afrikaans Huistaalklaskamer aan die hand van Kaapse Afrikaanse idiomatiese uitdrukkings’.
[Lees volledige artikel hier] [
PDF-weergawe kan hier gevind word]

ATR-komvandaan-seminaar 2019: Afrikaans, Nederlands en die Morawiese Kerk
Deur Jac Conradie – 14 November 2019, www.litnet.co.za

Dit het my opgeval dat daar ’n paar belangrike raakpunte is tussen Afrikaans – die gebruik van die taal en die plek daarvan onder die tale van die wêreld – aan die een kant, en die werk van die Morawiese Sendinggenootskap of Kerk, aan die ander kant.
[Lees volledige artikel hier] [PDF-weergawe kan hier gevind word]

ATR-komvandaan-seminaar 2019: Van “brokwa” tot “broodgoed” – op reis met Oranjerivierafrikaans (Gariep-Afrikaans)
Deur Elvis Saal, raadsvoorsitter van ATM – 13 November 2019, www.litnet.co.za

Ek is ’n Namakwalander (of dalk moet ek in Hendrik Biebouw-styl (1707) uitroep “ik ben een Namakwalander”). Dit verbaas dus nie dat ek vandag in my praatjie op Oranjerivierafrikaans fokus nie en spesifiek dan ’n rekonstruksie van die taalgeskiedenis van Oranjerivierafrikaans – oftewel Gariep-Afrikaans (Gariep – Khoi vir “grootrivier”), soos dit deesdae bekendstaan.
[Lees volledige artikel hier] [PDF-weergawe kan hier gevind word]

My taal praat nou ’n ander taal, sing ’n ander deuntjie
25 Oktober 2019, www.vryeweekblad.com

My hart is nie gemaak vir annermansland nie, maar hier is ek nou in België. Ek kan nie anders nie: I’ve come to praise my mother tongue, not to bury her, skryf Anastasia de Vries.
[Lees volledige artikel hier] [
PDF-weergawe kan hier gevind word]

Vir Breyten kan jy nie hashtag nie
27 September 2019, www.vryeweekblad.com

Ek dink dis veilig om te sê dat Breyten Breytenbach op die oomblik nie spesifiek in vogue is onder my generasie Afrikaanssprekendes nie. Maar dis nie dat ons vandag sy genialiteit ontken nie, skryf Azille Coetzee.
[Lees volledige artikel hier] [PDF-weergawe kan hier gevind word]

Vannie Kaap memes: an interview with Samantha Roman
By Cliffordene Norton – 23 August 2019, www.litnet.co.za

Cliffordene Norton interviews Samantha Roman about her thesis, entitled: What Kaaps brings to the table: A sociolinguistic analysis of the intersection between language, food and identity in Vannie Kaap memes.
[Read complete article here] [PDF version can be found here]

Herstandaardisering van Afrikaans: die tameletjie en uitdaging van opsies en besluite
Deur André Gouws – 21 Augustus 2019, www.litnet.co.za

Die gesprek oor die herstandaardisering van Afrikaans word sedert die 1980’s al sterker gevoer. Dit is klaarblyklik nie maklik nie. Waarom lyk dit of daar nog niks formeel gebeur het nie? Gebeur dinge dalk agter die skerms?
[Lees volledige artikel hier] [PDF-weergawe kan hier gevind word]

Die bastions van Kwak in Afrikaanse musiek
Deur Riku Lätti – 20 April 2019, www.vryeweekblad.com

“Dit het nog nooit so goed – en so sleg – gegaan met Afrikaanse musiek as nou nie. Afrikaanse musiek beleef op die oomblik ’n bloeitydperk in al die sinne van die woord. Aan die een kant is daar ’n magtige musiekbedryf wat nog nooit meer geld gemaak het met Afrikaanse musiek as tans nie, en aan die anderkant ’n magdom kreatiewe skeppers wat oorspronklike werk lewer en soos Moses op die berg staan en die beloofde land van geld en heuning kan sien maar dit nie kan betree nie, want daar is ’n diep kloof wat die twee wêrelde van mekaar skei.”
[Lees volledige artikel hier] [PDF-weergawe kan hier gevind word]

Revisiting the end of the world: an interview on language identity and displacement
By Naomi Meyer, Andries Coetzee and Nick Henriksen – 17 April 2019, www.litnet.co.za

“We were fascinated to see how the Patagonian Afrikaans community has negotiated for themselves an identity that recognises their African (and European) heritage, and yet simultaneously is fully integrated into Argentinian society. They represent such a good example of not giving up one’s past, while also living completely in the present and focusing on the future.”
[Read complete article here] [PDF version can be found here]

Oor ‘die taal wat miere daidelik is’ – Waarheid en versoening in Afrikaans – Nog hoofstukke uit die storie van Afrikaans
Deur Hein Willemse, Braam Hanekom en Hans du Plessis – 30-31 Maart 2019, DAK-konferensie, www.daknetwerk.com

Lesings gelewer oor ‘Wat is die waarheid oor Afrikaans?’, ‘Hoe kan versoening in of deur Afrikaans bewerkstellig word?’ en ‘Wat kan ons anders doen in Afrikaans, veral as ons na die toekoms wil kyk?’ DAK-Netwerk beywer sigself vir die bemagtiging en vooruitgang van agtergestelde Afrikaanssprekendes. “Vir meer as ʼn eeu is hierdie stelling van Du Toit as die ‘waarheid oor Afrikaans’ voorgehou, en het ʼn formidabele intellektuele struktuur daaromheen ontstaan, talle het daarvoor opgeoffer, talle is omrede daarvan ontken en talle het in verset daarteen gesterf.”
[PDF-weergawe kan hier gevind word]

My pa praat Sesotho, my ma isiZulu. Ek is Afrikaans
Deur Kananelo Mokoena – 12 Februarie 2019, www.netwerk24.com

“As ʼn jong swart meisie was en is Afrikaans deel van my. Ek verkies dat dit my eerste taal is, want dit is die taal wat ek makliker vind om te praat as enige ander taal. Ek het grootgeword in ʼn omgewing waar Sesotho gepraat word, en ja, ons huistaal is Sesotho.”
[Lees volledige artikel hier] [PDF-weergawe kan hier gevind word]

“Ons skryf soos ons praat”: Informalisering van geskrewe Afrikaans onder Afrikaanse tieners
Deur Elvis Saal, voorsitter van ATM-raad, en Donovan Lawrence – 7 Februarie 2019, www.litnet.co.za

Taal is voortdurend aan die verander, en een van die kragte wat op taalverandering inwerk, is informalisering, dit is die integrasie van spreektaalvorme in die skryftaal. Daar is, sover vasgestel kon word, nog geen studies onderneem na die potensiële informalisering van geskrewe Afrikaans onder Afrikaanse tieners nie.
(This article examines the informalisation (also known as colloquialisation) of the written registers of two groups of Afrikaans teenagers – one from the Northern Cape, the other from the Western Cape – comparatively by way of corpus-linguistic methods. Impressionistic observations in Afrikaans newspapers about Afrikaans teenagers’ poor spelling abilities and their inability to write a single sentence without switching to English, point to a potential stylistic shift in the direction of the spoken language.)
[Lees volledige artikel hier] [PDF-weergawe kan hier gevind word]

Die Afrikaans van die Kaapse Moslems (Achmat Davids)
Bekendstellingstoespraak deur Hein Willemse – 15 Desember 2018, www.litnet.co.za

“Die ouer mense het ’n komplekser beeld van hul geskiedenis en van hulle taal gehad. Hulle het geweet dat Afrikaans se aanwesigheid in die Bo-Kaap nie net die gevolg van onlangse politieke beleidsrigtings is nie, maar dat dit diep-diep gesetel is in die gemeenskap. Hulle het geweet dat die Afrikaans wat hulle en hulle ouers gepraat het, gevorm is in die monde van mense wat van oral gekom het.”
[Lees volledige artikel hier] [PDF-weergawe kan hier gevind word] ‘Die Afrikaans van die Kaapse Moslems’ (Volledige boek as PDF hier beskikbaar)

Afrikaans is a major African asset 
The more we eliminate this diversity, the lesser we become, says Africa’s first Pulitzer Prize winner, Dele Olojede
By Willem de Vries – 22 November 2018, www.litnet.co.za

“It’s a very strong African language in many ways. And it has evolved exactly the way all languages evolve, which is an accretion of different influences and streams that form a river. So, Afrikaans is no different to Swahili, which evolved from local languages and traders’ languages and strong Arabic inflection. It’s not different from Yoruba, which is my native tongue.”
[Read full article here] [PDF version can be found here]

Afrikaans is nie groot nie
Deur Gideon Breytenbach – 16 November 2018, www.klyntji.com

“Oor die afgelope vyf jaar het ek saam met Charl J. Naudé, Riku Lätti, en Jackie Lätti (Die Wasgoedlyn TV-span) reg oor die land gereis op soek na die beste oorspronklike liedjieskrywers in ons land, met spesifieke fokus op Afrikaans. Ek het nog altyd ’n groot liefde en belangstelling in die plaaslike musiekbedryf gehad en het altyd gehoop om uiteindelik by te dra daartoe. Wat op my gewag het, het my verwagtinge oorskry.”
[Lees volledige artikel hier] [PDF-weergawe kan hier gevind word]

Afrikaans sonder grense
Deur Hans du Plessis – 20 Oktober 2018, www.litnet.co.za

In Carstens en Le Cordeur haal Willa Boezak (2016:14) ’n Namakwalandse uitdrukking aan: “Veral die oudstes is lief om op hardmiddag, al sê die son ‘tjieng!’ te sitstap.”… Die basis van Voorposafrikaans is nie net Nederlands nie. Op grond hiervan is Afrikaans ’n inheemse taal, een van die tale van Afrika. Afrikaans is van die begin af ’n kontinuum van aanleerdersvariëteite, en Afrikaans en die Afrikaanses is vandag nog dieselfde kontinuum wat grafies voorgestel kan word.
[Lees volledige artikel hier] [PDF-weergawe kan hier gevind word]

The Taal Monument can be a symbol of hope, nation building and social cohesion – 26 September 2018, www.dailymaverick.co.za

The Taal Monument – Taalmonument in Afrikaans – was partially born in apartheid sin, but it does not mean that the baby should be thrown out with the bathwater. The monument, which in 2020 will celebrate its 45th year, is not just a beacon of hope for a liberated Afrikaans, but for all African languages, writes the director, Michael Jonas. “My first real acquaintance with the wonders of Afrikaans and the educational value of the language was around standard 5 (Grade 7) thanks to DJ Opperman’s Groot Verseboek (a definitive collection of Afrikaans poetry). This masterpiece with its blue cover made its way into the Jonas household in a Stellenbosch suburb as a book prize that my older brother, Johnny, received as a top achiever in Afrikaans in his matric year. His love for and studies in languages at the University of the Western Cape as well as his anti-apartheid activism, also IN Afrikaans, in the 1980s left lasting impressions on my formative years.”
[Read full article here] [PDF version can be found here] 

Die Afrikaanse Taalmuseum en -monument: ’n simbool van hoop, nasiebou en maatskaplike samehorigheid – 31 Julie 2018, www.litnet.co.za

In 2020 vier die ikoniese Taalmonument by die Paarl sy 45ste jaar. In die aanloop daarna toe neem Michael Jonas, die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) se direkteur van die afgelope twee jaar, bestek van die verlede en deel sy visie oor die monument op Paarlberg, die museum in Paarl asook Afrikaans. Hy belig ook die belang van linguistiese diversiteit en waarom die ATM nie net ’n baken van hoop vir Afrikaans is nie, maar vir álle Afrikatale. “My eerste werklike kennismaking met die wonders van Afrikaans en die taal se opvoedkundige waarde was rondom standerd 5 (graad 7) danksy Groot verseboek onder redakteurskap van DJ Opperman. Hierdie meersterstuk met sy blou omslag het in die Jonas-huishouding in ’n Stellenbosch-woonbuurt beland as ’n boekprys wat my ouer broer, Johnny, as toppresteerder in Afrikaans in sy matriekjaar ontvang het. Sy liefde vir en studies in tale aan die Universiteit van Wes-Kaapland, asook sy anti-apartheid aktivisme, ook ín Afrikaans, in die 1980’s het blywende indrukke op my in my vormingsjare gelaat.”
[Lees volledige artikel hier] [PDF-weergawe kan hier gevind word]

Die klassifikasie van Afrikaans
Deur Ernst Kotzé – 31 Julie 2018, www.litnet.co.za

Om Afrikaans as taal te klassifiseer, is dus ’n kwessie van norm. In die geval van ’n geografiese vertrekpunt is Afrikaans ’n Afrikataal wat hier ontstaan en ontwikkel het en die naam van die vasteland weerspieël (die enigste taal in Afrika waarby dié kenmerk voorkom). In die geval van ’n genealogiese benadering is dit ’n Indo-Germaanse taal (verlangs selfs verwant aan Hindi), en meer spesifiek Wes-Germaans, wat onderlinge verstaanbaarheid met tale soos Nederlands en (in ’n mindere mate) Duits moontlik maak. Vanuit ’n kreoliseringsbenadering het Afrikaans voortgekom uit ’n kontaksituasie waarin sprekers van sowel verwante as onverwante tale hulle stempel gelaat het op dit wat uiteindelik deur hulle nageslag as moedertaal oorgedra is.
[Lees volledige artikel hier] [PDF-weergawe kan hier gevind word]

Die Wes-Kaapse Argief en die begin van Afrikaans (The Western Cape Archives and the beginning of Afrikaans)
Deur Helena Liebenberg – Junie 2018, Tydskrif vir Geesteswetenskappe, Volume 58 nommer 2

Veral die taalmateriaal in die Resolusies van die Politieke Raad, Inventarisse, Vendusierolle en Dagregisters van die Kaapse kommandeurs en goewerneurs bied talryke voorbeelde van taalvorme wat toe gebruik is en behoue gebly het in Afrikaans. In hierdie opsig kan Afrikaans beskou word as bewarea van ou, onbekende of streekswoorde in hedentydse Nederlands. Slegs ‘n beperkte aantal woorde van Oosterse en Khoi-Khoi-herkoms kom voor, alhoewel Khoi-Khoi-plekname ‘n besondere erfenis blyk te wees.
(The linguistic material in the Resolutions of the Council of Policy, intestate inventories, auction rolls and journals of the Cape Commanders and Governors contains numerous examples of forms used at the time and which became part of the vocabulary of Afrikaans. The language today serves as conservancy of obsolete and dialectal words in modern Dutch. Although only a few Eastern and Khoi-Khoi borrowed words were noted, the numerous Khoi-Khoi place-names did then and still enrich the landscape.
[Lees volledige artikel hier] [PDF-weergawe kan hier gevind word]

Dank Antjie Krog, voor het Afrikaans – 13 April 2018, NRC Handelsblad, www.nrc.nl

Nederlands- en Afrikaanssprekenden komen er steeds vaker achter dat ze met elkaar kunnen praten, schrijven Margriet van der Waal en Guido van den Berg. “…Met de prijs wordt niet alleen het schrijverschap van Krog gelauwerd. Ook wordt er, weliswaar impliciet, aandacht gevraagd voor de taal waarin zij de meeste van haar gedichten heeft geschreven: het Afrikaans. Daarom is Krogs prijs ook een erkenning van het Afrikaans als (literaire) taal.”
[Lees volledige artikel hier] [PDF-weergawe kan hier gevind word]

Die Bo-Kaap: Arabiese Afrikaans en die Kaapse Moslemgemeenskap
Deur Menán van Heerden – 26 Maart 2018, www.litnet.co.za

Op Saterdag 24 Maart het ’n paneelbespreking oor die rol van die Bo-Kaap in die ontwikkeling van Afrikaans by die Kasteel die Goeie Hoop plaasgevind. Danny Titus het die bespreking, aangebied deur die ATKV, gefasiliteer. Die sprekers was Max du Preez, Faika Haroun, Doria Daniels, Gava Kassiem en Fatima Allie.
[Lees volledige artikel hier] [PDF-weergawe kan hier gevind word]

‘Language museums of the world’: book covers 31 countries, including South Africa
By Ottar Grepstad – March 2018

It is often stated that the Afrikaanse Taalmuseum en -monument is the only monument dedicated to a language or to Afrikaans. Not so. Although the monument is quite unique and iconic, there are other, smaller Afrikaans language monuments in South Africa and at least 80 (digital) language museums worldwide, with more planned. Two out of three of all the languages in the world are used in Africa or Asia. In this book, however, two out of three language museums are situated in Europe. That indicates differences in the institutional development of societies, but also some of the difficulties connected to such documentation.  ‘Language museums of the world’ describes the Afrikaans Taalmonument as well as exciting projects for new museums in countries such as China, Korea, Israel and England, and includes information about a variety of language festivals and so forth.
[PDF version of complete book to be found here] [As new information comes to light, updated PDF versions of the book will appear here]

Feiteblad: Studeer in jou eie taal
Deur Ernst Roets – 27 Februarie 2018, www.maroelamedia.co.za

Die konstitusionele hof het onlangs beslis dat Afrikaans as onderrigmedium by die Universiteit van die Vrystaat (Kovsies) afgeskaf mag word. Dit, ten spyte daarvan dat dit doenlik is om die taal aan te bied. Sekere Afrikaanse kommentators het gejuig hieroor.
[Lees volledige artikel hier] [PDF-weergawe kan hier gevind word]

Afrikaans: 10 kitsfeite
Deur Menán van Heerden – 2 Februarie 2018, www.voertaal.nu

Die vroegste gepubliseerde Afrikaanse woordelys is in 1844 deur ’n Nederlander, ANE Changuion, opgestel, getiteld “Proeve van Kaapsch taaleigen”.
[Lees volledige artikel hier] [PDF-weergawe kan hier gevind word]

Afrikaans: the language of dissent
By Menán van Heerden – 11 October 2017, www.litnet.co.za

During apartheid, Afrikaans was perceived as the language of the white Afrikaner oppressor. The 2015 and 2016 #AfrikaansMustFall student protestors connected Afrikaans to persistent white Afrikaner hegemony and whiteness… This article, however, highlights a different aspect of Afrikaans, namely, the fact that Afrikaans was historically utilised as a language of defiance by its speakers in the face of white hegemony. White and coloured Afrikaans speakers did not protest against Afrikaans; they opposed colonialism, Afrikaner nationalism and apartheid in Afrikaans.
[Read complete article here] [PDF version to be found here]

Afrikaans en die bevordering van inheemse tale
Deur Jaap Steyn – 30 Augustus 2017, www.maroelamedia.co.za

Ons hoor deesdae gereeld van die benadeling van die inheemse tale voor 1994, en die bevoordeling van Afrikaans ten koste van die tale van die swart mense. Laat ons dié bewerings bekyk ten opsigte van die onderwys, amptelike status en die uitsaaiwese.
[Lees volledige artikel hier] [PDF-weergawe kan hier gevind word]

More than an oppressor’s language: reclaiming the hidden history of Afrikaans
By Hein Willemse – 27 April 2017, www.theconversation.com

The language of Afrikaans remains a contested issue in South Africa. The controversy over the medium of instruction at traditionally Afrikaans universities such as Stellenbosch has brought this to the fore again. Should it be in Afrikaans, English, a combination, or a hybrid which will include other South African languages? The institution has to find ways to continue to advance Afrikaans without the perceptions and experiences of racist behaviour associated with early and ruling Afrikaner nationalist practices. It’s essential to consider the current status of Afrikaans, as well as its history. Many South Africans of every hue have contributed to the language’s formation and development. Afrikaans also has a “black history” rather than just the known hegemonic apartheid history inculcated by white Afrikaner Christian national education, propaganda and the media.
[Read complete article here] [PDF version to be found here]

Afrikaaps: A Celebratory Protest Against The Racialised Hegemony Of ‘Pure’ Afrikaans
Master’s degree by Menán van Heerden – December 2016, Stellenbosch University

Afrikaaps is a multi-media (Becker and Oliphant, 2014) protest theatre production that has been performed locally and internationally between 2010 and 2015. Afrikaaps, also termed ‘Vernacular Spectacular’, is performed in Kaaps, a vernacular subvariety of Afrikaans. This approximately hourand-a-half production, directed by Catherine Henegan, involved eight mainly hip-hop artists from the Cape Flats. Through artistic means of expression such as hip-hop, performance poetry, jazz, dialogues, etc., Afrikaaps foregrounds issues pertaining to marginalised and stigmatised Kaaps in response to the racialised hegemony of standard/‘pure’ Afrikaans. Central to this response is the celebration of (an ethnified) Kaaps ‘coloured’ identification…
(Afrikaaps is ’n multi-media (Becker en Oliphant, 2014) protes-teaterproduksie wat plaaslik en internasionaal tussen 2010 en 2015 opgevoer is. Afrikaaps, wat ook ‘Vernacular Spectacular’ (Omgangstaalskouspel) genoem word, word in Kaaps, ’n vernakulêre variëteit van Afrikaans, opgevoer. Hierdie ongeveer uur-en-’n-half-lange produksie onder regie van Catherine Henegan betrek agt hoofsaaklik hip-hop kunstenaars van die Kaapse Vlakte. Deur artistieke vorme van uitdrukking soos hip-hop, die gesproke woord, jazz, dialoog, ens., laat val Afrikaaps lig op kwessies in verband met gemarginaliseerde en gestigmatiseerde Kaaps in reaksie op die rasse-hegemonie van standaard/‘suiwer’ Afrikaans. Sentraal tot hierdie reaksie is die viering van ʼn (‘ge-etnifiseerde’) ‘bruin’ Kaaps-identifikasie.)
[Read complete PDF thesis here]

Afrikaans, gekry of gemaak?
Deur Hans du Plessis – 13 Julie 2016, www.litnet.co.za

Die kwessie wat in hierdie artikel aan die orde kom, is die vraag of Afrikaans spontaan uit Nederlands ontwikkel het en of Afrikaans die resultaat is van nie-Nederlandssprekendes wat Nederlands as teikentaal probeer bemeester het…Hoekom is dit so dat Noord-Amerikaanse Nederlandssprekendes en Nederlandssprekendes mekaar na eeue steeds goed kon verstaan, maar Afrikaans- en Nederlandssprekendes verkies om met mekaar liewer Engels te praat? Is Afrikaans dan minder Nederlands as wat algemeen aanvaar word?
[Lees volledige artikel hier] [PDF-weergawe hier te vinde]

Die Afrikaanse Taalmuseum en -monument in die Paarl: 40 jaar later
Deur Annemarie van Zyl en Jannie Rossouw – Tydskrif vir Geesteswetenskappe, Jaargang 56 No. 2-1: Junie 2016

In hierdie artikel word die rol en waarde van die Afrikaanse Taalmuseum en -monument in die Paarl geëvalueer in die lig van die veertigste herdenking van die inwyding van die Monument. Die Monument het vanaf die eerste oomblik wat die idee posgevat het, gelei tot kritiek en tweespalt. Hierdie artikel ondersoek elke tipe kritiek wat destyds teen die Monument uitgespreek is, naamlik die wenslikheid, ligging, voorkoms, aard of funksie, simboliek en ideologie, en evalueer terugskouend die geldigheid daarvan al dan nie.
(The Afrikaans Language Museum and Monument in Paarl: 40 years later
This paper reports on the background and history of the Afrikaans Language Museum and Monument in Paarl and examines the relevance of the entity in the South Africa of today… Among the aspects debated before, during and after the erection of the Monument, the most important were issues of location, aesthetics, function, symbolism and ideology. The very fact of building a tangible structure such as a monument for intangible heritage, namely language, was questioned in terms of the necessity, practicality and advisability of such an undertaking…)
[Lees die volledige PDF-artikel hier]

Die vroegste Khoi-Afrikaans 
Deur Christo van Rensburg – Tydskrif vir Geesteswetenskappe, Jaargang 56 No. 2-1: Junie 2016

Die vroegste Khoi-Afrikaans verwys na die Khoi-Khoin se aanleerderstaal gedurende die eerste helfte van die sewentiende eeu. In hierdie taal, wat tydens kontak met besoekende seelui ontstaan het, kan heelwat Afrikaans gevind word en dit kan as die eerste periode in Afrikaans se geskiedenis beskou word.
(The earliest Khoi Afrikaans is a study about the variety Khoi Afrikaans as the first form of Afrikaans. A traditional view has it that Khoi influenced Afrikaans in some way or another. With Khoi Afrikaans as the original form of Afrikaans, this cannot be the case: Khoi Afrikaans was already Afrikaans.)
[Lees volledige artikel hier] [PDF-weergawe hier te vinde] 

Afrikaans 90: Afrikaans is ʼn taal van hoop
Deur Danie Langner (FAK) in ‘Hoekom Afrikaans?’ – 2015

Professor Kwasi Prah van Ghana het tydens die 2010 “De Rondetafel Conferentie voor Afrikaans” in Amsterdam die ontwikkeling van Afrikaans as een van die drie taalwonderwerke in die wêreld beskryf (die ander is moderne Hebreeus en Bahasa in Indonesië). In vyftig jaar het Afrikaans van ’n huis-, tuin- en kombuistaal tot ’n kansel-, universiteits- en ekonomiese taal ontwikkel wat met enige ander wêreldtaal kan meeding. Prah ook verwys na die feit dat Afrikaans ʼn Afrikataal is en derhalwe ʼn belangrike ontwikkelingsinstrument in die aanspreek van die knellende Suid-Afrikaanse armoedevraagstuk is.
[Lees volledige artikel hier] [PDF-weergawe hier te vinde]

Swart Afrikaanse skrywers, Afrikaans en die literêre kanon – Perspektiewe op Afrikaans in die werk van swart Afrikaanse digters in post-apartheid Suid-Afrika
Deur Louisa Viljoen – Januarie 2013, www.researchgate.net

Enige bespreking van die manier waarop swart Afrikaanse digters in hulle poësie kommentaar lewer op die taal waarin hulle skryf na Suid-Afrika se oorgang van demokrasie in 1994 moet noodwendig begin met ’n verwysing na die ambivalente status van Afrikaans. Studies oor die ontwikkeling van Afrikaans is dit eens dat die taal gevorm is deur die interaksie van die Nederlands gepraat deur die eerste setlaars in Suid-Afrika met die Maleis gepraat deur slawe, die Kreool-Portugees gebruik deur matrose sowel as slawe en die inheemse taal Khoi; ook dat dit spore van Duits, Frans, Arabies, Afrika-tale en Engels bevat.
[Lees volledige artikel hier] [PDF-weergawe hier te vinde]

Roots of Afrikaans: Selected writings of Hans den Besten
Edited by Ton van der Wouden –  Google Books, 2012

However, there have been more factors that have kept Afrikaans ‘close’ to Dutch. First of all, a pretty high percentage of the Cape Colony’s population was of European (more specifically: Dutch-German) descent. Secondly, even though the non-white parts of constituted a majority, large parts of that majority were not ‘available’ for the creolization of Dutch: the data collected in Franken (1053) proves that many slaves spoke Creole Portuguese and/or Malay so that (Pidgin/Creole) Dutch could only serve as their second or third language. Therefore, the majority of speakers of Pidgin/Creole Dutch was of Khoekhoe descent…It is clear from all the evidence available that the Khoekhoe groups that became Afrikaans-speaking went through long phases of bilingualism.
[Read full article here]

The Afrikaans of the Cape Muslims
Achmat Davids places the Cape Muslims on the South African linguistic map
By Muhammed Haron – 2012, Tydskrif vir Letterkunde 49(1)

South Africa’s Cape Muslim religious leaders creatively contributed towards the formation of Afrikaans linguistics, an issue that the South African academia seemed to have ignored and overlooked. By the beginning of the 20th century, the literary output of these religious leaders developed to form a unique genre of literature; a genre that is popularly referred to as “Arabic-Afrikaans” within the South African linguistic circles. Achmat Davids (1939-98), who may be regarded as the doyen of “Cape Islamic Studies,” was among a handful of scholars who devoted much of his time to study carefully this type of literature. As a consequence of his labour, he produced one of the most significant contemporary works in South African linguistics. This review essay reflects upon the importance of Davids’ path-breaking and invaluable study, which was recently co-edited by Hein Willemse and Suleman E. Dangor.
[Read complete article here] [PDF version can be found here] ‘The Afrikaans of the Cape Muslims’ (English book available online on loot.co.za or amazon.com) ‘Die Afrikaans van die Kaapse Moslems’ (Volledige Afrikaanse boek as PDF hier beskikbaar)

Reshaping Remembrance – Language Monuments
by Siegfried Huigen in ‘Reshaping Remembrance – Critical Essays On Afrikaans Places Of Memory’ – 2011, www.rozenbergquarterly.com

The year 1975 was declared Language Year by the South African government, and 14 August was declared a public holiday in celebration of the centennial of the Genootskap van Regte Afrikaners (Society of Real Afrikaners) so that ‘people all over the country can celebrate the birthday of Afrikaans’. On that day, the festivities commenced at the Voortrekker Monument in Pretoria. In memory of the eight founding members of the Genootskap van Regte Afrikaners, eight ‘language torches’ departed from the Voortrekker Monument to all corners of the Republic and to South West Africa (Namibia). In the following months, Afrikaans newspapers regularly covered the ‘Miracle of Afrikaans’, reporting on local festivities and publishing articles on the history of the Genootskap. One lasting outcome of this enthusiasm was a little-known language monument unveiled in East London on 9 September as part of a local language festival.
[Read complete article here] [PDF version can  be found here]

‘n Voorlopige verkenning van postapartheid Afrikaanse protesmusiek
Deur Burgert A. Senekal en Cilliers van den Berg – 6 Junie 2010, www.litnet.co.za

Meer as twee dekades ná Voëlvry is Afrikaanse protesmusiek weer eens ’n kwessie wat toenemend aandag geniet in die media. In ’n groeiende aantal liedjies wat oor bykans elke genre strek, skryf Afrikaanse musikante oor temas wat die breë Suid-Afrikaanse publiek raak, soos misdaad, armoede en korrupsie, maar ook oor kwessies van die nuwe bedeling wat hoofsaaklik Afrikaners raak, byvoorbeeld ’n gevoel van uitsluiting uit die breër Suid-Afrikaanse gemeenskap, soos vergestalt in pleknaamverandering, Regstellende Aksie en Swart Ekonomiese Bemagtiging.
(
A preliminary exploration of post-apartheid Afrikaans protest music
More than two decades after Voëlvry, Afrikaans protest music is once again becoming a phenomenon enjoying growing media attention. Across almost every music genre, South African musicians are writing songs addressing issues affecting South Africans in general, such as crime, corruption and poverty, but they are also singing about issues concerning mostly the Afrikaner – feelings of estrangement and exclusion from the wider South African context as manifested by place name changes, Affirmative Action and Black Economic Empowerment.)
[Lees volledige artikel hier] [PDF-weergawe hier te vinde]

Waar is die nuwe generasie swart Afrikaanse skrywers?
Nèlleke de Jager – 13 Junie 2007, www.litnet.co.za

Fred Khumalo, ’n bekende rubriekskrywer en joernalis van Sunday Times, het ’n paar weke gelede ’n hond in die hoenderhok losgelaat met sy vraag: “Waar is die nuwe generasie swart skrywers in Suid-Afrika? Is daar werklik ’n nuwe golf post-1994 swart skrywers wat dui op ’n nuwe literêre bewussyn? Of misgis ons ons?” Nogal gewaagde woorde, veral van iemand wat self lid is van die swart skrywersgeledere.
[Lees volledige artikel hier] [PDF-weergawe hier te vinde]

Afrikaans: ‘n Ideologiese Besinning In ‘n Multilinguistiese Suid-Afrikaanse Bestel
Doktorsgraad deur Johannes Petrus de Wet – 1997, Universiteit van Suid-Afrika

Aangesien taal en politiek saamgaan, het die vraag “Wat is die toekoms van Afrikaans?” veral in konserwatiewe Afrikaanse geledere – maar ook in verligte geledere – opgeduik. Hierdie is steeds ‘n onderwerp wat onder andere intensief in die media gedebatteer word. In die proses is heelwat ideologiese oorwegings ter sprake, aangesien Afrikaans veral in sentimentalistiese geledere as ‘n simbool van Afrikanerskap gesien word, en enige verlies aan ampstaalstatus met simboliese ontmagtiging van die Afrikaner geassosieer word.
(The study concentrates on how ideology and power played and are still playing a role in the formation of the variety Standard Afrikaans. The study points out how historical and present-day philosophical, social and language-political considerations influenced the natural development of Afrikaans by advancing it in respect of status on the one hand and prejudicing it in respect of lexicon and corpus on the other hand. The mutual bond of Afrikaans and English as Germanic languages and the inherently hybrid nature of Afrikaans are highlighted.)
[Lees volledige artikel hier] [PDF-weergawe kan hier gevind word]

—————————–