Webtuiste bied virtuele toer en spog met ongelooflike inligting en foto’s

Na aanleiding van die jongste verwikkelinge rakende die Coronavirus-pandemie, bevestig die Afrikaanse Taalmuseum in die Paarl en die Afrikaanse Taalmonument op Paarlberg hiermee dat beide instellings vanaf 28 Junie tot 26 Julie 2021 gesluit is vir besoekers. In reaksie op die staatspresident se toespraak op 11 Julie 2021 en die jongste regeringsvoorskrifte het ons die volgende maatreëls aanvaar:

– Die monument en museum is gesluit vir besoekers en alle openbare programme tydens hierdie tydperk is afgelas.
– Ons personeel sal aan diens wees so ver moontlik en per e-pos en sosiale netwerke beskikbaar wees om navrae en dringende kwessies te hanteer. Al ons geriewe het effektiewe sepe/ontsmettingsmiddele en beskermende kleding sal aan werknemers verskaf word. Alle Covid-protokol word gevolg.

Ons webtuiste – www.taalmonument.co.za – het ʼn virtuele toer van beide die monument en museum, uitgebreide inligting in ses tale beskikbaar asook tientalle skakels na interessante artikels oor Afrikaans, veeltaligheid en die monument se herkoms en toekoms.

Die veiligheid en gesondheid van ons personeel en gemeenskap bly ons prioriteit

Vir die jongste inligting, sien asseblief www.taalmonument.co.za of ons Facebookblad, of kontak ons op 021 863 0543 of admin@taalmuseum.co.za.