Poppekas Taalmuseum ter viering van vrystelling van slawe 2017

Poppekas vir kinders bevorder lees en herdenk slawe se vrystelling

Die Afrikaanse Taalmuseum en -monument, in samewerking met die Godynchiedop-dramagroep, bied hierdie Desember gratis poppekasvertonings by Paarlse bibilioteke aan om die belangrikheid van boeke en lees onder kinders aan te moedig.

Boonop is die optredes ter herdenking van die vrystelling van slawe, derhalwe is die hoofkarakter, Februarie, ‘n slaaf wat in die Kaap opeindig en sy naam toevallig kry weens die maand wat hy hier aanland.

Hy moet nuwe, vreemde goed doen, ander tale praat en mis sy mense tuis, daar waar hy vandaan kom. Intussen leer hy ook om te lees en skryf. Maar wat die einde van die verhaal betref, sal mense op 13 Desember 2017 na die Groenheuwel en Drakenstein biblioteke moet kom om dit te hoor…

Die Afrikaans Taalmonument en -museum: kultuur, natuur én plesier. En omgee vir die mense van hier.

Vir meer inligting, sien www.taalmonument.co.za