September is propvol flora en duisende se kontant

Die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) bied in samewerking met KC 107.7FM vanaf 1 September 2021 die kans aan luisteraars om groot pryse te wen ter viering van Erfenismaand en die gebruike van medisinale kruie. Dit danksy ʼn fokus op die monument se jongste buitelug-uitstalling in die Groen Galery asook sommige plante en bome op Paarlberg.

Luisteraars word aangemoedig om Woensdae vanaf 1 September 2021 om 13:00 op die KC Lunch 3h, aangebied deur Avril Esterhuizen, in te skakel – via 107.7FM of hul aanlyn stroom-opsie by https://radiokc.co.za/ of via hul app – om te wen! Die ATM se insetsel vind vanaf 13:30 plaas waartydens almal hul mening kan gee rakende die gebruike van medisinale plante/kruie. Klik hier om na week 1 se onderhoud te luister.

Oud en jonk kan deelneem in die vier kategorieë naamlik: ’n kreatiewe skryfstuk; video-opname; oorspronklike uitdrukkings en naamgewing asook die beste inbeller tydens die KC Lunch 3h-program. Deelnemers moet skryf oor die gebruike van medisinale plante/kruie, die video-opname kan demonstrasies oor die gebruike van medisinale plante/kruie insluit of ʼn “ouma” en “oupa” wat hul stories hieroor deel terwyl die uitdrukkings en naamgewing oorspronklik moet wees.

Pryse vir kompetisie:
• Kreatiewe skryfstuk
1st plek R2 000
2de plek R1 000
3de plek R500

• Video-insetsel
1st plek R1 500
2de plek R1 000
3de plek R500

• Uitdrukkings en naamgewing
1st plek R700
2de plek R500
3de plek R300

• Beste inbeller per week (vir radio)
Week 1 (1 Sep) R500
Week 2 (8 Sep) R500
Week 3 (15 Sep) R500
Week 4 (22 Sep) R500

Die sluitingsdatum vir die kreatiewe skryfstukke, video-opnames asook oorspronklike uitdrukkings en naamgewing sluit op Vrydag, 24 September 2021. Die wenners sal daarna op die laaste Woensdag, 29 September 2021, tydens die opening van die uitstalling by die monument bekend gemaak word en ook aangekondig word tydens die laaste gedeelte van die KC Lunch 3h-program op daardie dag. Die laaste wenner van die inbelkompetisie sal ook op die dag aangekondig word.

Vir meer inligting kontak vir Jeffrey Pietersen by bemarking2@taalmuseum.co.za of op 021 872 3441.

Vir verdere inligting oor geleenthede, (aanlyn-)kursusse en Covid-19-protokolle, skakel 021 863 0543/4809, besoek www.taalmonument.co.za of volg hulle op Facebook. Die webtuiste bied boonop virtuele toere van die monument en museum, inligting in ses tale oor die simboliek van die Taalmonument asook baie interessante artikels oor Afrikaans, veeltaligheid en die instelling se verlede, hede en toekoms. Daar is voorts heelwat bronne vir skool- en navorsingsprojekte. Jaarpermitte is beskikbaar teen R120 vir individue of R220 per gesin (tans aangebied teen ʼn 20%-afslag), wat toegang tot alle Volmaanpieknieks insluit. DIE TAALMONUMENT EN TAALMUSEUM IS OOP VIR BESOEKERS – TANS GRATIS TOEGANG VIR KINDERS ONDER 18.