Met die dag van liefde weer om die draai, is dit gepas om ‘n paar ou Afrikaanse Valentynskaarte van ‘n eeu gelede te laat herleef en hulle só weer te bemin. Min is egter bekend oor hierdie kaarte wat jare gelede deur ‘n me Valerie Hough van George aan die Taalmuseum geskenk is. Maar onbekend beteken nie onbemind nie! Ons gaan elke week een plaas en hoop dat dit jou sal inspireer om oorspronklike, skeppende liefdeskaarte in Afrikaans vir 2019 op te tower. Plaas joune gerus op Instagram en merk (‘tag’) @taalmonument Onthou ook ons Sterrekykpiekniek, Volmaanpiekniek en ‘Minnesang en Maanskyn’-konsert met Leah en Karin Kortje wat in die liefdesmaand plaasvind.
www.taalmonument.co.za