Die Taalmonument-wandelpad

Dié sirkelroete is sowat 1.2km lank en sal jou omtrent ’n halfuur neem om te voltooi.
Die roete is geskik vir almal (fiks én onfiks), maar onthou jou stapskoene!
Die roete is maklik toeganklik (dit begin en eindig by die kinderspeelparkie reg voor Volksmond Koffiewinkel).
Groepe van groter as 20 persone moet vooraf bespreek.
Wat kos dit? Die gewone Taalmonument toegangsfooi (volwassenes: R25, SA studente: R10, kinders: R5, en gratis vir kinders onder ses jaar, jaarpermit R120/R220)
‘n Sleutel vir die hek moet by die Besoekersentrum afgehaal word waarvoor ‘n deposito van R20 betaalbaar is. ‘n Vrywaringsvorm moet ook voltooi word.
Loer na ons foto-album
Vir meer inligting, kontak:
Tel. 021 863 4809/0543
E-pos navraag

Wandelpaaie in Paarlberg Natuurreservaat

Die Taalmonument is geleë langs die Paarlberg Natuurreservaat wat maklike toegang tot  ‘n netwerk van wandelpaaie bied. Paarlberg Natuurreservaat word bestuur deur Drakenstein Munisipaliteit en nie deur die Afrikaanse Taalmonument nie. Dié wandelpaaie via die Taalmonument bereik word.
Wat kos dit? Die gewone Taalmonument toegangsfooi (volwassenes: R25, SA studente: R10, kinders: R5, en gratis vir kinders onder ses jaar, jaarpermit R120/R220)
‘n Sleutel vir die hek moet by die Besoekersentrum afgehaal word waarvoor ‘n deposito van R20 betaalbaar is. ‘n Vrywaringsvorm moet ook voltooi word.
‘n Kaart van Paarlberg Natuurreservaat is te koop by die Taalmonument se Besoekersentrum.
Die wandelpaaie kan ook bereik word via Meulwater Kamp binne Paarlberg Natuurreservaat, via die Jan Phillips grondpad (waar ‘n toegangsfooi oor naweke en op openbare vakansiedae gehef word).

Vir meer inligting oor die wandelpaaie in Paarlberg Natuurreservaat, kontak:

Louise de Roubaix

louiser@drakenstein.gov.za

Tel: +27 (0) 82 744 5900