Sluit aan by ons vrywilligerklub
Help ons om aktiwiteite aan te bied, navorsing te doen en fondse in te samel.

Taalentoesiaste en erfenisliefhebbers kan nou by ons vrywilligerklub aansluit en gratis hulp met verskillende projekte verleen.
Velde waarin hulp van vrywilligers benodig word, sluit in navorsing, fondsinsameling, bemarking, opvoedkundige programme, gidswerk, spyseniering en die organiseer van praatjies, gesellighede en uitstappies.
Ons sal ook graag vrywilligers wil betrek wat ervaring het van museologiese dokumentasie, konservering, uitstallings en administrasie. Die hulp van tuindienste, nutsmanne en gekwalifiseerde taalkundiges (Afrikaans, Engels of isiXhosa) sal handig te pas kom, asook dié van kunstenaars en grafiese ontwerpers.
Belangstellendes kan die vrywilligerklub se aansluitingsvorm aflaai of dit by die Taalmuseum in Pastorielaan voltooi.
Meer inligting:
Isabeau Botha
Tel. +27 (0)21 872 3441
Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien



