taalmonument piekniekkonserte Valentynskonsert 2016 2017 nuut

‘n Valentynspiekniekkonsert vind op 14 Februarie 2017 in die Tuinteater van die Afrikaanse Taalmonument (ATM) in die Paarl plaas. Dié piekniekreeks is ten bate van die ATM se Laat ons Lees!-projek vir kinders. Die bekende sanger André Schwartz sal romantiese liedjies (pop, Afrikaans, musiekblyspele en Big Band) sing terwyl die Paarlse groep No S’wett gaste sal vermaak met R&B, Motown en Soul.

Die vertoning begin om 19:30. Die hekke open reeds om 17:00. Besoekers is welkom om hul eie drankies (verkieslik geen glas) en piekniekmandjie saam te bring of ’n spesiale Valentynsmandjie (teen R400 vir twee persone met vonkelwyn ingesluit) by Volksmond Koffiewinkel te bestel (tel. 021 863 2800). Volksmond sal oop wees vir koffie, ligte verversings, wyn en bier.

Kaartjies is vooraf te koop by Computicket en by die Taalmonument teen R100 (tot 10 Februarie)/R140 vir volwassenes/R130 vir studente/R70 vir kinders onder 13. Geen rook en stoele word in die Tuinteater toegelaat nie. Bring ’n kombers of kussing en warm klere saam. Veilige parkering is beskikbaar.

Die piekniekkonsertreeks sluit ook vertonings in deur Amanda Strydom en Jak de Priester (10 Maart 2017), Coenie de Villiers, Hemelbesem en YOMA (18 Maart 2017) en Die Heuwels Fantasties (31 Maart 2017). Vir verdere inligting, skakel 021 863 0543/4809 of besoek www.taalmonument.co.za en www.facebook.com/afrikaansetaalmonument.

Save

Save

Save