Website TemplatesJoomla TemplatesWeb Hosting
Uitstallings by die Taalmuseum

Taalmuseum: uitstallings

Terug na die verlede

Die museum is ingerig in Gideon Malherbe se huis, waarvan die grondvloer deels gerestoureer is. Dis nie net die muurpapier wat jou oog vang nie; oorspronklike meubels uit die 19e eeu neem jou terug na die tyd van geheime vergaderings en gesinne met 16 kinders.

Die drukpers: van toeka tot nou

Die Genootskap van Regte Afrikaners is op 14 Augustus 1875 in hierdie huis gestig. Kom besigtig die drukpers waarop Die Afrikaanse Patriot, een van die eerste Afrikaanse koerante, gedruk is.

Die eerste geskrifte

Het jy geweet Afrikaans in Arabiese skrif was een van die vroegste vorme van geskrewe Afrikaans? Kom beskou 'n koplesboek van nader en vind uit hoe Abu Bakr Effendi en ander die Arabiese alfabet gebruik het om Afrikaans te skryf.

Oudiovisueel en interaktief

Op die eerste verdieping bied oudiovisuele uitstallings en interaktiewe aktiwiteite jou 'n oorsig oor die wortels, variëteite en ander aspekte van Afrikaans. Kom vind uit waar die woord “piesang” vandaan kom en luister hoe mense vanaf Mitchells Plain tot in Namakwaland Afrikaans op hul eie unieke manier praat.

  • Vir meer inligting:
    Catherine Snel
    Tel +27 (0)21 872 3441
    E-pos Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien .
 
Nuusbrief
Soekfunksie
facebooktwittet
tel: +27(0)21 872 3441