Aanwysings: hoe om ons te vind
Taalmuseum:
Adres: Pastorielaan 11, Paarl
GPS-koördinate: 33° 73' 42" S 18° 96' 33" E
Neem die nommer 55 afrit van die N1 af na Hoofweg – Paarl. Draai links in Hoofweg. Bly op Hoofweg (Paarl) vir ongeveer 4km deur verskeie robotte en kruisings totdat McDonald’s op die linkerkant gewaar word. Reg oorkant dit draai Pastorielaan regs af. Volg Pastorielaan vir ongeveer 200m tot u die Taalmuseum aan u regterkant sien. Die Historium Konferensiesentrum is die gebou aan die linkerkant van die Taalmuseum.
Taalmonument:
Adres: Gabbema Doordriftstraat, Paarlberg, Paarl
Kaart met aanwysings na die Taalmuseum en die Taalmonument. Hierdie dokument is in pdf-formaat. Kliek hier om die gratis Foxit PDF Reader af te laai en te installeer.
GPS-koördinate: 33° 45' 58.64" S 18° 56' 35.36" E
Neem die nommer 55 afrit van die N1 af na Hoofweg – Paarl. Draai links in Hoofweg. Bly op Hoofweg (Paarl) vir ongeveer ongeveer 500m en draai links in Flambeaustr. (die eerste straat aan u linkerkant) op. Volg die bruin aanwysingsbordjies tot by Gabbema Doordriftstraat wat lei na die Taalmonument bo-op Paarlberg.
Kaart na die Taalmuseum en die Taalmonument
2010-11-23
159.77 KB
1364



