Wil jy die Taalmonument se pragtige koffiewinkel bedryf

Die Afrikaanse Taalmonument nooi hiermee belangstellendes uit om ʼn tender vir die bedryf van die pragtige koffiewinkel/restaurant by die monument in te dien. Sodra die instelling weer geopen word, sal die ruimte beskikbaar wees vir ʼn dinamiese, skeppende span met ʼn hartstog vir spys en drank en dienslewering uit die boonste rakke. Klik op hierdie skakel vir meer inligting en e-pos fin.assist@taalmuseum.co.za vir die tenderdokumente. Neem kennis dat ʼn verpligte perseelbesoek in hierdie stadium op 7 Mei 2020 sal plaasvind.