Vrouemaand by die ATM in 2018

Ter ere van Vrouemaand, borg die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) ‘n ete, vermaak, geskenke en besoek aan die ikoniese monument op Paarlberg vir 60 vroue-plaaswerkers eerskomende Vrydag, 30 Augustus 2019. Die vroue van ‘n plaas te Groenberg buite Wellington sal met ‘n middagete by die Historium in die dorp bederf word waar hulle toegespreek sal word deur Beverley Farmer, eienaar van Women in Wine. Farmer se maatskappy – die eerste wynprodusent wat slegs deur vroue besit en bestuur word – speel ‘n groot rol om beter werksomstandighede, vaardighede en erkenning vir vrouens in die wynbedryf te bewerkstellig. Die besoekers sal ook tydens die geleentheid deur ‘n digter vermaak word en geskenke ontvang, waarna hulle ‘n begeleide toer by die Taalmonument op Paarlberg sal onderneem. www.taalmonument.co.za