Die Taalmuseum is geleë in die hartjie van die Paarl en beeld die diverse ontstaansverhaal van Afrika se jongste taal, Afrikaans, uit. Die museum is ingerig in die pragtige, historiese huis van Gideon Malherbe, een van die stigterslede van die Genootskap van Regte Afrikaners (GRA) in 1875. Die museum se uitstallings lig besoekers in oor die geskiedenis en diversiteit van Afrikaans – kom besigtig die GRA se drukpers waarop die eerste Afrikaanse koerant ter wêreld gedruk is en toets jou kennis van idiome! Sien ook voorbeelde van die oudste Afrikaans wat in Arabiese skrif geskryf en beleef die avontuurlike reis van Afrikaanse musiek. Begeleide toere is met voorafbespreking by die Taalmuseum beskikbaar. Die museum en monument bied gereeld uitsonderlike geleenthede aan, dus  kliek hier vir die jongste inligting op ons sosiale mediaplatform. As jy ook die Taalmonument op Paarlberg op dieselfde dag besoek, kry jy afslag op die toegangsgeld daar, dus hou asseblief jou oorspronklike museum-betaalstrokie.

WAAR IS ONS?
Adres
: Pastorielaan 11, Paarl
GPS-koördinate: 33° 44′ 03.30″ S 18° 57′ 48.46″ O
Aanwysings en kaart

OPENINGSTYE van die TAALMUSEUM
Oop: Ma. tot Vr. 08:30–16:30
Gesluit: Naweke, openbare vakansiedae, Kersfees tot Nuwejaar

TOEGANGSFOOIE van APRIL 2017 tot MAART 2019
Toegangsgeld word by ontvangs betaal en slegs kontant word tans aanvaar.
Verjaar jy? Bring jou ID saam vir gratis toegang!

VOLWASSENES

  • R20 per persoon
  • Maandae tot Vrydae vir Drakenstein-inwoners met geldige biblioteekkaartjies: R10

TOERGROEPE

  • Gewone toegangsfooi per persoon, maar toeroperateurtarief onderhandelbaar. Toergidse en busbestuurders gratis.

SA STUDENTE en SA PENSIOENARISSE

  • R10 (met bewys)

KINDERS

  • R5 (gratis onder ses jaar)

SKOOLGROEPE 

  • R5 per leerder; 2 opvoeders en busbestuurder se toegang is gratis per groep (bespreek asb vooraf vir opvoedkundige programme)

JAARPERMITTE

  • R120 vir individue/R220 vir ‘n gesin van vier – sluit onbeperkte toegang tot die Taalmuseum, die Taalmonument, wandelpaaie en Volmaanpieknieks in.

KONTAK ONS
Tel: +27 (0)21 872 3441
E-pos navraag
Volg ons op Twitter: Taalmonument
Sluit aan by ons op Facebook: Afrikaanse Taalmonument
Volg ons op Instagram: Taalmonument

BEPALINGS EN VOORWAARDES

Bepalings en voorwaardes geld. Besoekers besoek die perseel op eie risiko. Die ATM sal nie verantwoordelik gehou word vir enige verlies, skade of besering wat opgedoen word nie. Bogenoemde fooie is slegs geldig vir gewone toegang/soos aangedui en nie vir spesiale geleenthede of funksies nie. Versoeke vir afslag moet skriftelik aan die Direkteur gerig word. Inkomste uit toegangsfooie en verhurings word gebruik om die tekort in die subsidie van die Departement van Kuns en Kultuur aan te vul. Dit word aangewend vir instandhouding en om opvoedkundige programme en erfenisprojekte aan te bied. Reg van toegang word voorbehou. Geen wapens, troeteldiere of smouse word op die perseel toegelaat nie.

Algemeen:

  • Gratis begeleide toere word aangebied deur ‘n museumgids, wanneer beskikbaar. Versoeke vir gespesialiseerde toere of om toegang tot argivale materiaal te kry, moet aan die Kurator gerig.
  • Opvoedkundige toere moet vooraf bespreek word en ’n besprekingsvorm moet ingevul word. Skoolgroepe word weens die toestand van die museum se vloere beperk tot 30 leerders per besoek. Groter groepe word slegs in die Vroeë Geskrewe Afrikaans-vertrek toegelaat.
  • Om te voldoen aan brand- en veiligheidsregulasies mag daar nie meer as 30 besoekers tegelykertyd per verdieping toegelaat word nie.
  • Vooraf toestemming moet by die Kurator verkry word vir kommersiële fotografie/verfilming.

Besoekers mag nie:

  • In die museum hardloop of  spring nie.
  • Op die meubels sit, leun of daaraan raak nie.
  • Aan die artefakte op die grondvloer raak nie.
  • Op die klavier speel nie.
  • In die museum eet, drink of rook nie.
  • Verby die sperpaaltjies beweeg nie.
  • Teen die trapreling afgly nie.