Aanwysings na die Taalmuseum in Pastorielaan (let wel, die museum en monument is op twee verskillende plekke geleë):

Neem die nommer 55 afrit van die N1 af na Hoofweg – Paarl. Draai links in Hoofweg. Bly op Hoofweg (Paarl) vir ongeveer 4km deur verskeie robotte en kruisings totdat McDonald’s op die linkerkant gewaar word. Reg oorkant dit draai Pastorielaan regs af. Volg Pastorielaan vir ongeveer 200m tot u die Taalmuseum aan u regterkant sien. Die Historium Konferensiesentrum is die gebou aan die linkerkant van die Taalmuseum.
Adres: Pastorielaan 11, Paarl
GPS-koördinate: 33° 44′ 03.30″ S 18° 57′ 48.46″ E

Kliek hier vir aanwysings na die monument op Paarlberg