Die leerders van Groenberg Primêr – die plaaslike skool wat ter ere van Nelson Mandela deur die Afrikaanse Taalmonument vir ‘n jaar ‘aangeneem’ is – is op 3 Desember bederf met ‘n besoek aan die Paarlberg. As deel van die opwindende dag, is die leerders ’n toer van die monument aangebied waarna Kersvader hulle verras en skryfbehoeftes uitgedeel het. ‘n Piekniek-middagete en gebruik van die monument se speelpark het die uitstappie op ‘n hoogtepunt laat eindig. Hierdie projek vorm deel van die Taalmonument se uitreikprogramme na die onmiddellike gemeenskappe, soos vervat in die instelling se visie en missie wat op www.taalmonument.co.za gevind kan word.

This slideshow requires JavaScript.