Toegang:

  1. Toegangsgelde/stap-/fietsry-/jaarpermitte moet by Ontvangs betaal word. Kontant en krediet-/debietkaarte word aanvaar. Tjeks word slegs aanvaar in die geval van organisasies en indien vooraf skriftelik gereël. Toegangsfooie word jaarliks hersien. Toergidse, busbestuurders en opvoeders se toegang is gratis. Versoeke om afslag op toegangsgelde moet vooraf skriftelik gerig word.
  2. Openingstye: Ma. tot So. 08:00–17:00 (Apr. tot Nov.), 08:00–20:00 (Des. tot Mrt.). 24 Des. & 31 Des.: 08:00–12:00. Gesluit: Kersfees (25 Des.) en Nuwejaar (1 Jan.). Laaste toegang is 30 minute voor toemaaktyd. Let asb. op dat die Besoekersentrum om 16:45 sluit.
  3. Koffiewinkel openingstye: Ma. tot So. 08:00–16:45 (oop tot laat vir funksies), 24 & 31 Des.: 08:00–12:00. Gesluit: Kersfees (25 Des.), en Nuwejaar (1 Jan.).
  4. Reg tot toegang word voorbehou. Geen smouse word toegelaat nie. Geen honde of ander troeteldiere word toegelaat nie. Gidshonde word wel toegelaat. Wapens moet by Ontvangs ingehandig word en mag nie op die terrein gebring word nie.
  5. Besoekers besoek die Taalmonument op eie risiko. Parkering (binne en buite die terrein) is ook op eie risiko. Die Taalmonument sal nie verantwoordelik gehou word vir enige verlies, skade of besering wat op die terrein opgedoen word nie.
  6. Geen kinders jonger as 12 jaar word sonder volwasse begeleiding toegelaat nie. Volwassenes bly ten alle tye verantwoordelik vir die veiligheid en optrede van kinders in hul sorg.

 Aktiwiteite:

  1. Begeleide toere, aangebied deur die amptelike monumentgids, is gratis en moet verkieslik vooraf bespreek word, aangesien die gids slegs op spesifieke tye beskikbaar is. Opvoedkundige toere moet vooraf by die opvoedkundige beampte bespreek word en ‘n besprekingsvorm moet ingevul word. Ons beveel aan dat leerders die Taalmonument én die Taalmuseum besoek.
  2. Eie piekniekmandjies word toegelaat, maar slegs in die openbare piekniekarea, op die grasperk by die Monument. Vuurmaak en braai (hout/gas) is verbode. Geen tuinmeubels, soos tafels, sambrele, tente en stoele (behalwe opvoustoele), word toegelaat nie.
  3. Geen eie piekniekmandjies/kos en drank word toegelaat op die koffiewinkel se tafeltjies nie; slegs op die grasperk en die graniettafeltjies.
  4. Geen kommersiële fotografie/verfilming word sonder vooraf toestemming toegelaat nie.
  5. Geen kinderpartytjies word sonder vooraf toestemming toegelaat nie. Geen springkastele/opslaan-swembaddens/waterglybane of soortgelyke apparaat word toegelaat nie.
  6. Geen troues of neem van troufoto’s word sonder vooraf toestemming toegelaat nie.
  7. Geen skaatsplankry, rollemskaats of fietsry (behalwe in aangewese area) word toegelaat nie . Geen fietsry op die bane sonder vooraf toestemming nie.
  8. Die kinderspeelareas, staproetes en downhill-bane word op eie risiko gebruik. Vrywaringsvorms vir die gebruik van staproetes en downhill-bane moet by Ontvangs ingevul word.
  9. Waarskuwing: gevaarlike diere, waaronder slange, spinnekoppe en skerpioene, kom op die terrein van die Taalmonument voor.

Besoekers mag nie:

  • Enige plante, blomme, sade of bome beskadig of verwyder nie.
  • Enige diere pla, beseer, voer, aanraak, vang of verwyder nie.
  • ’n Radio of musiekinstrument speel of ’n geraas maak nie.
  • Op die monument, op die dak van enige geboue of in bome klim
  • In die fontein swem nie.
  • Vullis strooi nie. Plaas vullis in die dromme wat voorsien is of verwyder dit self van die terrein.
  • Sigaretstompies neergooi nie.
  • Vuurwerke afskiet nie.

Enige terugvoering sal waardeer word. Terugvoeringsvorms en besoekersvraelyste is by die Besoekersentrum en die Koffiewinkel beskikbaar.