Besoek die ikoniese Taalmonument om meer oor die geskiedenis van een van Afrika se jongste tale, Afrikaans, te ontdek. Het jy geweet dat die wortels van Afrikaans (van, betreffende, behorende tot Afrika volgens die Woordeboek van die Afrikaanse Taal) oor drie kontinente versprei lê, naamlik Europa, Asië en Afrika? Die argitek, Jan van Wijk, het die monument juis só ontwerp om erkenning te gee aan die diverse herkoms van Afrikaans en met inagneming van die pragtige natuurgebied. Boonop het ons ‘n bistro (normale toegangsfooie en afslag geld) met heerlike kos en ongelooflike vergesigte op die Kaapse Skiereiland en Bolandse berge. Ook is daar ‘n Groen Galery met nuwe skeppende werke in Afrikaans asook speelparke en buitelug-speletjies. Die museum en monument bied gereeld uitsonderlike geleenthede – onder meer volmaanpieknieks, musiekkonserte, boekbekendstellings en opleidingsprogramme – aan, dus klik hier vir die jongste inligting op Facebook of op ons webtuiste.
As jy die Taalmuseum in Paarl en die Taalmonument op Paarlberg op dieselfde dag besoek, kry jy afslag op die toegangsgeld by die tweede besoek, dus hou asseblief jou betaalstrokies.
- Gratis begeleide toere is beskikbaar van Maandae tot Vrydae – naweke en vakansiedae slegs met voorafbespreking vir ’n minimum van 20 persone.
- Gratis inligtingsbrosjures en oudiotoere is in Afrikaans, Engels, Xhosa, Frans, Nederlands en Duits beskikbaar. Daar is ook ‘n braille-weergawe. Die monument se simboliek word kortliks in 22 tale belig.
WAAR IS ONS?
Adres: Gabbema Doordriftstraat, !hom !nãb/s (Paarlberg), Paarl – volg die bruin borde vanuit die Paarl se Hoofstraat
Aanwysings en kaart
OPENINGSTYE van die TAALMONUMENT en BISTRO
Oop: 1 Apr tot 31 Okt: Ma tot So 08:00–17:00 | 1 Nov tot 31 Mrt: Ma tot So 08:00–20:00 | Gesluit: Kersfees (25 Des) en Nuwejaar (1 Jan)
* Laaste toegang is 30 minute voor toemaaktyd. Besoekersentrum sluit altyd 16:45 en bistro gewoonlik 15 minute voor toemaaktyd.
TOEGANGSFOOIE van 1 APRIL 2022 tot 31 MAART 2025
Kaart verkies, kontant aanvaar. Verjaar jy? Bring jou Suid-Afrikaanse ID vir gratis toegang!
VOLWASSENES
- R40
- Vir Drakenstein-inwoners met geldige biblioteekkaartjies: R10
- Wil jy Taalmonument én Taalmuseum besoek? R10 afslag by tweede besoekpunt – toon betaalbewys van eerste besoekpunt
- Gratis vir Drakenstein-inwoners met geldige biblioteekkaartjies op die volgende dae: Internasionale Moedertaaldag (21 Feb), Menseregtedag (21 Mrt), Internasionale Monumentdag (18 Apr), Vryheidsdag (27 Apr), Werkersdag (1 Mei), Internasionale Museumdag (18 Mei), Afrikadag (25 Mei), Jeugdag (16 Jun), Vrouedag (9 Aug), Taaldag (14 Aug), Erfenisdag (24 Sep), Taalmonument-verjaarsdag (10 Okt)
SA STUDENTE en SA PENSIOENARISSE
- R10 (met geldige bewys)
KINDERS onder 18
- R10 (gratis onder ses jaar)
SKOOLGROEPE
- R10 per leerder, 2 opvoeders en busbestuurder se toegang is gratis per groep (bespreek asseblief vooraf vir opvoedkundige programme)
TOERGROEPE
- Gewone toegangsfooi per persoon, maar toeroperateurtarief en STO onderhandelbaar. Doen hiervoor vroegtydig skriftelik aansoek by ontvangs@taalmuseum.co.za. Gratis vir geregistreerde toergidse en busbestuurders
PIEKNIEKGROEPE
- Gewone toegangsfooi (20+ persone moet asseblief vooraf bespreek by ontvangs@taalmuseum.co.za)
PERMITTE
- JAARPERMIT: Slegs R120 vir individue & R220 vir ‘n gesin van vier – sluit onbeperkte toegang tot die museum, monument, bistro, wandelpaaie en Volmaanpieknieks in
- FIETSRYPERMIT: Gewone toegangsfooi of jaarpermit teen R220 per persoon – sluit onbeperkte toegang tot bergafbane, museum, monument, bistro, wandelpaaie en Volmaanpieknieks in
- STAPPERMIT: Gewone toegangsfooi & R20-deposito vir sleutel
GELEENTHEDE
- VOLMAANPIEKNIEKS: Gewone toegangsfooi. Kaartjies vooraf by Computicket & Taalmonument beskikbaar; dit kan ook by hek gekoop word
- STERREKYKPIEKNIEKS: Volwassenes R50 & kinders R15. Kaartjies vooraf by Computicket & Taalmonument beskikbaar; dit kan ook by hek gekoop word, maar bevestig getal besoekers vooraf by kommunikasie@taalmuseum.co.za sodat daar vir genoeg teleskope voorsiening gemaak word
- KONSERTE BY TUINTEATER/AMFITEATER: Pryse wissel, maar alle besoekers aan Tuinteater kan ook die monument gratis besoek
KONTAK ONS
Tel: +27 (0)21 863 0543 / (0)21 872 3441 | +27 (0)76 017 6026 (WA) | admin@taalmuseum.co.za
Twitter: Taalmonument Facebook: Afrikaanse Taalmonument Instagram: Taalmonument
Bistro
Die Suikerkan: +27 (0)82 216 2510 / 856 1871 (WA) | info@diesuikerkan.co.za | diesuikerkan.co.za
(Die bistro word onafhanklik van die Taalmonument bedryf, dus geld die monument se normale toegangsfooie vir besoekers – sien egter bogenoemde afslagpryse en permitte vir toegang. Vir navrae oor privaatfunksies by die bistro asook voorafbestelde pieknieks, kontak hulle direk.)
BESOEKERSENTRUM
Die sentrum huisves uitstallings, kantore en ‘n konferensielokaal.
KONFERENSIELOKAAL
Ons konferensielokaal is beskikbaar vir vergaderings, werkswinkels, lesings en opleidingsessies vir tot 50 mense. Tarief: R45 per persoon (toegangsfooi ingesluit) met ‘n minimumfooi van R600. Bespreek asseblief vooraf
KOMMERSIËLE FOTOGRAFIE EN VERFILMING (insluitend trou- en gesinsfotografie)
Slegs met voorafbespreking
Kommersiële fotografie, per dag of deel van die dag: Mikro (1-2 voertuie, 1-5 mense) R1 800, Klein (3-5 voertuie, 6-15 mense) R5 400, Medium (6-15 voertuie, 16-30 mense) R10 800, Groot (16-30 voertuie, 31-60 mense) R12 960, Basiskamp 50% van daaglikse tarief, Opstel/afbreek 50% van daaglikse tarief
Verfilming (kommersieel en rolprente), per dag of deel van die dag: Mikro (1-2 voertuie, 1-5 mense) R3 600, Klein (3-5 voertuie, 6-15 mense) R6 480, Medium (6-15 voertuie, 16-30 mense) R13 500, Groot (16-30 voertuie, 31-60 mense) R21 600, Ekstra groot (31-40 voertuie, 61-100 mense) R36 000, Basiskamp 50% van daaglikse tarief, Opstel/afbreek 50% van daaglikse tarief
Bystandsfooi indien buite normale besigheidsure R200 per uur
SA studente met geldige ID 75%-afslag op daaglikse tarief
Forex betalingsfooi R250 per betaling ontvang
* Helaas word geen piekniektroues of trouseremonies toegelaat nie
BEPALINGS en VOORWAARDES GELD
Alle besoekers besoek die perseel op eie risiko. Die ATM sal nie verantwoordelik gehou word vir enige verlies, skade of besering wat opgedoen word nie. Die ATM neem geen verantwoordelikheid indien enige programme, funksies of geleenthede gekanselleer, ingekort of aangepas moet word weens omstandighede buite die instelling se beheer nie, soos byvoorbeeld slegte weer of gebrekkige elektrisiteits- en waterverskaffing.
Bogenoemde fooie is slegs geldig vir gewone toegang/soos aangedui en nie vir spesiale geleenthede of funksies nie. Versoeke vir afslag moet skriftelik aan die Direkteur gerig word.
Die ATM se Raad mag die ure waartydens, en die voorwaardes en bepalings waaronder die publiek die verklaarde instelling of ʼn gedeelte daarvan mag besoek, asook die toegangsfooie, bepaal en aanpas. Die ATM se Bestuur behou hom die reg voor om binne redelike perke en sonder enige vooraf kennisgewing die toegangstye en besoekruimtes tydelik aan te pas of op te skort; in sulke gevalle sal besoekers, permithouers en ander belanghebbendes geen reg op enige skadevergoeding hê nie.
Geen wapens, troeteldiere of smouse word op die perseel toegelaat nie. Reg van toegang word voorbehou.
[Inkomste uit toegangsfooie en verhurings word gebruik om die tekort in die subsidie van die Departement van Sport, Kuns en Kultuur aan te vul. Dit word aangewend vir instandhouding en om opvoedkundige programme en erfenisprojekte aan te bied.]
ALGEMEEN
- WAARSKUWING: gevaarlike diere, waaronder slange, spinnekoppe en skerpioene, kom op die terrein van die monument voor.
- Geen vure of gasbraaie word toegelaat nie.
- Geen troeteldiere (uitgesluit gidshonde) word toegelaat nie, ter wille van die fauna.
- Geen kommersiële of portefeulje-fotografie of verfilming word toegelaat sonder vooraf toestemming en ‘n permit nie.
- Pieknieks: groepe van groter as 20 persone moet vooraf bespreek.
- Kinderpartytjies: voorafbespreking noodsaaklik; geen springkastele ensovoorts nie.
BESOEKERS MAG NIE
- Enige plante, blomme, sade of bome beskadig of verwyder nie.
- Enige diere pla, beseer, voer, aanraak, vang of verwyder nie.
- ’n Radio of musiekinstrument speel of ’n geraas maak nie.
- Voertuie laat luier op die perseel nie (weens geraas- en lugbesoedeling).
- Op die monument, op die dak van enige geboue, op rotse of in bome klim nie.
- In die fontein swem nie.
- Vullis strooi of rook (insluitende e-sigarette ens) nie.
- Hommeltuie gebruik sonder vooraf toestemming nie.
- Vuurwerke afskiet nie.