brokkie taalmuseum leipoldt

12 April 1880

12 April 1880 is die geboortedag van bekende digter en skrywer Christiaan Frederik Louis Leipoldt. Sy eerste bundel Afrikaanse gedigte, Oom Gert vertel, word beskou as een van die belangrikste digbundels in die vroeë Afrikaanse letterkunde. Leipoldt, ‘n geweldig veelsydige mens, was eers joernalis in Kaapstad voordat hy in London as mediese dokter gekwalifiseer het. Hy het tydens sy verblyf in Londen ook verskeie kookkuns-diplomas verwerf.

Bronne:

Vriende van Afrikaans: Dae uit ons geskiedenis, 2009, p 103