stersirkels-fotografiewerkswinkel star trails photo workshop Feb 2017

’n Fotografiewerkswinkel, waar deelnemers sal leer om stersirkels (“star trails”) af te neem, word op Saterdag 18 Februarie 2017 by die Afrikaanse Taalmonument in die Paarl aangebied.

Dié praktiese werkswinkel, deur professionele fotograaf en geregistreerde toergids, Peter Haarhoff, van die Cape Photographic Company, is geskik vir beginner- tot intermediêre fotograwe. ‘n SLR-kamera (digitaal of 35mm), driepoot en beheerkabel is noodsaaklik. Deelnemers sal maklike en betroubare maniere leer om goeie stersirkel-foto’s te neem, insluitend watter instellings die beste werk om die Melkweg af te neem en hoe om die BULB-instelling op jou kamera te gebruik.

Die werkswinkel kos R600 en sluit notas in. Die werkswinkel vind van 18:00 tot 22:30 plaas. ‘n Sterrekykpiekniek word op dieselfde aand aangebied. Bespreking is noodsaaklik by Amira Clayton by tel. 021 863 0543/4809 of kommunikasie@taalmonument.co.za.

Save