stersirkels-fotografiewerkswinkel star trails photo workshop Feb 2017

’n Fotografiewerkswinkel, waar deelnemers sal leer om stersirkels (“star trails”) af te neem, word op Vrydag 16 Februarie 2018 by die Afrikaanse Taalmonument in die Paarl aangebied.

Dié praktiese werkswinkel, deur professionele fotograaf en geregistreerde toergids, Peter Haarhoff, van die Cape Photographic Company, is geskik vir beginner- tot intermediêre fotograwe. ‘n SLR-kamera (digitaal of 35mm), driepoot en beheerkabel is noodsaaklik. Deelnemers sal maklike en betroubare maniere leer om goeie stersirkel-foto’s te neem, insluitend watter instellings die beste werk om die Melkweg af te neem en hoe om die BULB-instelling op jou kamera te gebruik.

Die werkswinkel kos R600 en sluit notas in. Die werkswinkel vind van 18:00 tot 22:30 plaas. Bespreking is noodsaaklik by Jeffrey Pietersen by tel. 021 872 3441 of bemarking2@taalmuseum.co.za.