sterrekyk20162017

Is jy ‘n sterrekykgeesdriftige? Moenie die gewilde Sterrekykpieknieks by die Afrikaanse Taalmonument op Paarlberg op misloop nie. Sterrekykpieknieks vind plaas op 29 Oktober, 26 November en 17 Desember 2016, asook op 21 Januarie, 18 Februarie en 25 Maart 2017. Tydens dié pieknieks kan jy die sterrehemel verken met die hulp van die Orion Observasie Groep (OOG), ‘n informele sterrrekundeklub van die Boland.

Die piekniek begin om 18:00. ‘n Begeleide toer van die Monument word om 18:30 aangebied. Jy kan van 20:00 tot 22:30 onder leiding van lede van OOG deur teleskope na die sterre kyk.

Bring jou eie piekniekmandjie saam of bestel een (teen R250 vir twee persone, of R350 met ‘n mandjie ingesluit) by Volksmond Koffiewinkel bestel (tel. 021 863 2800). Volksmond sal oop wees vir koffie en ligte verversings. Veilige parkering is beskikbaar en toegang word beheer. Bring ‘n verkyker (indien jy een het) en warm klere saam. Rook is verbode op die grasperke.

Kaartjies kos R35 vir volwassenes en R10 vir kinders en is by Computicket beskikbaar. Kaartjies is ook by die hek beskikbaar, maar bespreking is noodsaaklik, sodat daar vir genoeg teleskope voorsiening gemaak kan word. Bespreek by tel. 021 863 0543/4809. Sterrekykpieknieks sal gekanselleer word indien die weer sleg is. Skakel 072 181 6744 vir weernavrae.

Die piekniekreeks word aangebied ten bate van Laat ons Lees!, die Taalmuseum se voorleesprojek vir kinders. Jy is welkom om ‘n nuwe of tweedehandse kinderboek saam te bring ter ondersteuning van dié projek.