Website TemplatesJoomla TemplatesWeb Hosting
Staproetes by die Taalmonument

Taalmonument: wandelpad en staproetes

Die Taalmonument-wandelpad

Dié roete is sowat 1.2km lank en sal jou omtrent ’n halfuur neem om te voltooi. Die roete is maklik toeganklik (dit begin en eindig reg voor Volksmond Koffiewinkel). Groepe van groter as 20 persone moet vooraf bespreek. 'n Permit en 'n vrywaringsvorm is by Ontvangs beskikbaar.

  • Vir meer inligting, kontak:
    Isabeau Botha/Amira Clayton
    Tel. 021 872 3441/076 017 6026
    Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien

Loer na ons foto-album

Staproetes in Paarlberg Natuurreservaat

Die Taalmonument is geleë langs die Paarlberg Natuurreservaat wat maklike toegang tot  'n netwerk van wandelpaaie bied. Dié staproetes kan via die Taalmonument bereik word - vra by Ontvangs vir 'n sleutel vir die staproete se toegangshek. 'n Kaart van Paarlberg Natuurreservaat is beskikbaar by Paarl Info (op die hoek van Hoof- en Auretstraat) en by Volksmond Koffiewinkel by die Taalmonument.

  • Vir meer inligting oor die staproetes in Paarlberg Natuurreservaat, kontak:
    Drakenstein Munisipaliteit
    Tel. +27 (0)21 807 4500
    Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien
 
Nuusbrief
Soekfunksie
facebooktwittet
tel: +27(0)21 872 3441