Foto: v.l.n.r. dr. Halim Gençoĝlu, Chantelle de Kok (ATM kurator) en Michael Jonas (ATM direkteur)
Die Afrikaanse Taalmuseum in die Paarl het onlangs ’n skenking van die Turkse historikus, dr. Halim Gençoĝlu, ontvang ter aanvulling van die museum se uitgebreide argivale materiaal. Gençoĝlu, wat in Ottomaanse geskiedenis spesialiseer, het ʼn kopie van sy tesis ‘ABU BAKR EFFENDI: A report on the activities and challenges of an Ottoman Muslim theologian in the Cape of Good Hope’ wat hy vir sy Meestersgraad aan die Universiteit van Kaapstad voltooi het, aan die direkteur en kurator oorhandig. Daarby het hy ook ʼn geskiedkundige pamflet en ʼn geraamde koerantberig oor Abu Bakr Effendi aan die museum geskenk. Effendi was een van die bekendste imams wat vroeg in die 1800’s Arabiese Afrikaans aan die Kaap help ontwikkel het. Gençoĝlu is al ʼn paar jaar lank verbonde aan die universiteit en het talle artikels oor Ottomaans-Afrika-verhoudings gepubliseer.
Foto: v.l.n.r. Amira Brown (ATM geleentheids- en besoekersdienste koördineerder), dr. Halim Gençoĝlu en Chantelle de Kok (ATM kurator)
Foto: Geraamde koerantberig oor Abu Bakr Effendi
Foto: v.l.n.r. dr. Halim Gençoĝlu en Michael Jonas (ATM direkteur)