Twee klassieke en een nuwe swaargewig Afrikaanse publikasies maak (weer) hul buiging in April 2019 – elk met ervare redaksies wat Afrikaans in al haar gedaantes inklee en bevorder.
Eerstens is Vrye Weekblad – die aweregse anti-apartheidskoerant van die laat 80’s en vroeë 90’s – wat weer onder die redakteurskap van Max du Preez nou aanlyn beskikbaar is by www.vryeweekblad.com.
Die eerste uitgawe van SKROP – ‘n splinternuwe Afrikaanse aanlyn-publikasie wat fokus op boeke, kuns, kos en vermaak – is ook aanlyn beskikbaar by www.skrop.co.za. Die klem is op kort en kragtig, pittig en prettig.
By bogenoemde webtuistes kan mens ook inteken op die publikasies.
Dan verskyn ʼn visueel pragtige “anderse reünie-uitgawe” van die INSIG-tydskrif ook vandeesmaand op die rakke – met fantastiese ou en nuwe artikels. As die belangstelling genoeg is, is daar hopelik nog uitgawes van hierdie leefstyltydskrif vir denkende mense. Kontak 021 406 4962 vir bestellings en sien hierdie onderhoud op kykNET vir meer.

This slideshow requires JavaScript.