ATM_Logo_Augustus2015

POS BESKIKBAAR: MUSEUM BEAMPTE

VERWYSINGSNOMMER: ATM 01

Die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) in die Paarl verlang die diens van  ʼn geskikte kandidaat as Museum Beampte beginnende op 1 November 2017.

Minimum vereistes:
•    Kwalifikasie in opvoedkunde of museumstudies
•    Vyf jaar ondervinding in ‘n toepaslike veld
•    Kennis en ervaring van ‘n museum se kernfunksies
•    Ervaring in die opstel van opvoedkundige programme
•    Geldige rybewys
•    Afrikaans en Engels magtig
•    Moet bereid wees om ongereelde ure te werk en te reis

Verantwoordelikhede:
•    Hanteer die museumversameling se bestuur en assisteer met besoekerdienste
•    Lewer opvoedkundige dienste aan skole en publiek
•    Verantwoordelik vir die ontwikkeling van opvoedkundige programme
•    Lewer ondersteuningsdienste aan die kurator

Stuur aansoek met  ʼn volledige CV en minstens 2 kontakbare referente voor of op 15 September 2017 aan:
Die Direkteur, ATM, Posbus 498, Paarl of admin@taalmuseum.co.za

Navrae: Michelle Visagie by 021 872 3441 of admin@taalmuseum.co.za
Indien geen terugvoering na ʼn maand ontvang is nie, was u aansoek helaas onsuksesvol.