Met praguitsigte is die monument ’n gewilde piekniekplek. Bring jou eie mandjie of bestel een by ons Koffiewinkel.
  • Pieknieks word toegelaat by die Taalmonument. Die gewone toegangsfooie is van toepassing vir pieknieks (R25 vir volwassenes, R10 vir SA studente, R5 vir kinders en gratis vir kinders onder ses jaar, R120/R220 vir ‘n jaarpermit)
  • Bring jou eie piekniekmandjie of bestel een by Volksmond Koffiewinkel Tel. +27 (0)21 863 2800/+27 (0)72 705 3590 E-pos navraag
  • Groepe groter as 20 moet hul piekniekplek vooraf bespreek by tel. 021 863 4809/0543.
  • Neem asseblief kennis dat ons tuin ‘n geen-rook, geen-rommel area is. U mag nie rook op die grasperk nie. U mag slegs rook in afgebakende rookareas. Daar is slegs op sekere dele van die terrein vullisblikke. Ons doen ‘n beroep op besoekers om hul rommel saam met hulle te neem wanneer hulle die monument verlaat.
  • Geen vure, musiek, stoele, tafels, sambrele, tente, ens. word toegelaat nie.
  • Slegs gidshonde word toegelaat.
  • U mag nie in die fontein swem nie.
  • Reg van toegang word voorbehou.
  • Die Taalmonument sal nie aanspreeklik gehou word vir enige verlies, skade of besering wat op die terrein opgedoen is nie.
  • Toegang tot en parkering by die Taalmonument is op eie risiko.
  • Geniet u besoek aan die Taalmonument, beskerm ons natuurerfenis en kom asseblief ons Bepalings en voorwaardes na. Besoekers wat die bepalings en voorwaardes verbreek, mag ‘n boete opgelê word.
Moenie ons Volmaanpieknieks, Sterrekykaande en Piekniekkonserte misloop nie!