Weens die jongste Covid-19-regulasies, soos aangekondig deur die staatspresident, is die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) helaas genope om die beplande Kersvader-geleentheid van 19 Desember 2020 af te stel. Ons vra om verskoning hiervoor en sal enige voorafgekoopte kaartjies vergoed. Die ATM bly geopen en in hierdie stadium gaan die ander beplande geleenthede wel voort. Sien asseblief www.taalmonument.co.za vir die jongste inligting en Covid-19-protokolle.