Paarl Boomroete Taalmonument klein

Die splinternuwe Paarl Boomroete en pragtige boomkaart met 40 bome is op Saterdag 26 September 2015 as deel van Erfenisweek en die Drakenstein Storievertelfees bekendgestel.

Die boomroete is deur die Paarl Tuinbouvereniging ontwikkel met die doel om ’n bewustheid van die boomerfenis in die Paarl te skep en ook ’n bydrae te lewer tot die bevordering van ekotoerisme in die dorp. Hierdie boomerfenisroete is enig in sy soort in die land en ’n belangrike manier om Paarliete bewus te maak van hul boomprag. Die roete begin by die Taalmonument.

Gelamineerde kaarte met die Paarl Boomroete sal by die Taalmonument, Melissa’s, Kikka’s, die Paarl Inligtingsburo, Peaches and Cream en Bean in Love aangebring word.

Sluit by Paarl Tuinbou op Facebook aan