“Maar ‘n tuin, die oudste teken van die mens se soeke na geordende skoonheid, ‘n tuin van gedigte, soos geparste blomme in ‘n ou boek, hoe rus ons daar teen ‘n rots, ‘n mosserige stam, ‘n wegsteekviooltjie wat knipoog loer!” Só reageer Philippus Janse van Rensburg op die jongste gedigte-uitstalling in die Taalmonument se opelug-galery. LitNet het boonop onderhoude met meeste van die digters gevoer, wat hier gelees kan word. Maar die beste opsie is om die pragtige monument en Groen Galery self te kom besoek.