Website TemplatesJoomla TemplatesWeb Hosting
Vlamdansers by die Taalmonument ter ondersteuning van Earth Hour (20.01.12)

Vlamdansers by die Taalmonument ter ondersteuning van Earth Hour

MEDIAVRYSTELLING

Piekniekliefhebbers moet nie die Psychedelic Theatre se “Dans van die vlamme” ter ondersteuning van Earth Hour by die Afrikaanse Taalmonument in die Paarl op die 31ste Maart misloop nie.

Vuurdansers sal vlamme eet en uitblaas; en met brandende hoelahoepels, vuurballe en -swaarde dans. Kinders word genooi om vanaf 17:00 met die kunstenaars se nie-brandende rekwisiete te speel en dit te koop. Die vertoning begin om 20:00 op die verhoog by die grasperk. ‘n Begeleide toer van die Monument sal om 18:30 aangebied word.  

Besoekers is welkom om hul eie piekniekmandjies saam te bring of een by Volksmond Koffiewinkel te bestel (tel. 021 863 2800 of Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien ). Volksmond sal tot om 22:00 oop wees vir koffie en ligte verversings.

Toegang by die hek is R50 vir volwassenes en R15 vir kinders (gratis onder 1 jaar). Veilige parkering is beskikbaar en toegang word beheer. Geen honde of vure word toegelaat nie. Indien die weer sleg is, word die konsert afgestel. Geen besprekings is nodig nie. Vir navrae, skakel vir Lanél van der Kolff (tel. 084 627 6550).

Vir verdere inligting oor geleenthede by die Taalmuseum of Taalmonument, skakel 021 872 3441.

Einde
Medianavrae: Amira Clayton by Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien   of tel. 021 872 3441 / 076 017 6026.

 
Nuusbrief
Soekfunksie
facebooktwittet
tel: +27(0)21 872 3441