Website TemplatesJoomla TemplatesWeb Hosting
Taalmuseum open nuwe uitstalling oor vroeë geskrewe Afrikaans (01.09.10)

Taalmuseum open nuwe uitstalling oor vroeë geskrewe Afrikaans

MEDIAVERKLARING
1 September 2010
Geen embargo

Laai ’n pdf-artikel oor vroeë geskrewe Afrikaans af

’n Nuwe uitstalling oor vroeë geskrewe Afrikaans het op 1 September 2010 by die Taalmuseum in die Paarl geopen. Die uitstalling het vier temas, nl. die heel vroegste geskrifte, Afrikaans in Arabiese skrif, die Genootskap van Regte Afrikaners (GRA) en Bybelvertaling in Afrikaans.

altDie kurator, Catherine Snel, sê die museum se wou veral graag die geskiedenis van Afrikaans in Arabiese skrif uitlig, omdat min mense daarvan weet. “As ʼn opvoedkundige instelling is dit ons plig om besoekers en veral leerders in te lig oor die volle omvang van die ontstaan van Afrikaans”.

Die uitstalling sluit 'n transkripsie van Afrikaans soos gepraat deur slawe; en uittreksels uit dokumente deur koloniste in. Van die dak hang daar lewensgrootte foto’s van GRA-lede en van Abu Bakr Effendi, die Moslem-geestelike wat van die eerste Afrikaanse publikasies in Arabiese skrif gepubliseer het.  

Vir meer inligting oor die Taalmuseum se uitstallings, kontak Catherine Snel by tel. 021 872 3441 of e-pos Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien .

Laai ’n pdf-artikel oor vroeë geskrewe Afrikaans af

Einde

Vir medianavrae, kontak Isabeau Botha by tel. 021 872 3441 of e-pos Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien .

 
Nuusbrief
Soekfunksie
facebooktwittet
tel: +27(0)21 872 3441