Website TemplatesJoomla TemplatesWeb Hosting
Taalmuseum en -monument benodig vrywilligers (01.04.11)

Taalmuseum en -monument benodig vrywilligers

MEDIAVRYSTELLING
Vrydag 1 April 2011
Geen embargo

Taalentoesiaste en erfenisliefhebbers kan nou by Die Afrikaanse Taalmuseum en –monument se vrywilligerklub aansluit. Belangstellendes word uitgenooi om dié nie-winsgewende semi-staat instelling te ondersteun deur gratis hulp met verskillende projekte te verleen.

altVelde waarin hulp van vrywilligers benodig word, sluit in navorsing, fondsinsameling, bemarking, opvoedkundige programme, gidswerk, spyseniering en die organiseer van praatjies, gesellighede en uitstappies.

Die museum sal ook graag vrywilligers wil betrek wat ervaring het van museologiese dokumentasie, konservering, uitstallings en administrasie. Die hulp van tuindienste,  nutsmanne en gekwalifiseerde taalkundiges (Afrikaans, Engels of isiXhosa) sal handig te pas kom, asook dié van kunstenaars en grafiese ontwerpers.

Belangstellendes kan die vrywilligerklub se aansluitingsvorm aflaai of dit by die Taalmuseum in Pastorielaan voltooi.

Vir meer inligting, kontak Isabeau Botha by tel. 021 872 3441 of e-pos Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien .

Einde
Medianavrae kan gerig word aan Isabeau Botha/Amira Clayton by Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien   of tel. 021 872 3441 / 076 017 6026.

 
Nuusbrief
Soekfunksie
facebooktwittet
tel: +27(0)21 872 3441