Opname oor taalmonumente in Suid-Afrika vorder goed

MEDIAVRYSTELLING
Maandag 18 April 2011
Geen embargo
Hoeveel taalmonumente is daar in Suid-Afrika? Dit is die vraag wat die Afrikaanse Taalmuseum en -monument in die Paarl graag wil beantwoord met ʼn nasionale opname.
Annemarie van Zyl, navorser by dié instelling, het al heelwat inligting ontvang sedert die afskop van die opname in Julie 2010.
“Ons het baie goeie reaksie gehad en is nou al bewus van nie minder nie as 20 taalmonumente. Die meeste van hierdie monumente is opgerig in 1975, bekend as Taalfeesjaar."
Van Zyl beskik reeds oor heelwat foto’s en beskrywings wat op die webwerf www.taalmuseum.co.za gepubliseer sal word.
Sy het verneem van monumente op Ventersdorp en Trompsburg, maar kon geen bevestiging daarvoor kry nie. Enigeen wat oor verdere inligting oor hierdie of ander taalmonumente in Suid-Afrika beskik, kan vir Annemarie van Zyl kontak by tel. 021 8723441 of ʼn e-pos stuur na
Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien
.
Einde
Medianavrae kan gerig word aan Isabeau Botha by
Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien
of tel. 021 872 3441 / 076 017 6026.

