Website TemplatesJoomla TemplatesWeb Hosting
Ondersteun die Taalmuseum en -monument se Borg-’n-bus-projek (01.04.11)

Ondersteun die Borg-’n-bus-projek

Duisende leerders besoek elke jaar die Afrikaanse Taalmuseum en -monument in die Paarl. Een van die grootste struikelblokke vir skole wat dié uitstappie wil onderneem, is die koste van busvervoer. Oor die afgelope ses jaar kon meer as 6 000 leerders van so ver as Hawston en Vanrhynsdorp, wat nie andersins die museum en monument sou kon besoek het nie, wel die uitstappie onderneem danksy die museum se innoverende Borg-’n-bus-projek.

Dié projek is moontlik gemaak deur ’n ruim bydrae van die nasionale Departement van Kuns en Kultuur, Drakenstein Munisipaliteit, die Kaapse Wynland Distriksmunisipaliteit en Het Jan Marais Nationale Fonds.

Die volgende statistieke getuig van die sukses van die projek:

  • In die 2005/2006-boekjaar is vervoer geborg vir 657 leerders
  • In die 2006/2007-boekjaar is vervoer geborg vir 1265 leerders
  • In die 2007/2008-boekjaar is vervoer geborg vir 1154 leerders
  • In die 2008/2009-boekjaar is vervoer geborg vir 1080 leerders
  • In die 2009/2010-boekjaar is vervoer geborg vir 1500 leerders
  • In die 2010/2011-boekjaar is vervoer geborg vir 741 leerders

Vervoerkoste het oor die afgelope paar jaar so drasties gestyg dat addisionele borge nou verkry moet word om die volhoubaarheid van die projek te verseker.

Enige individu, maatskappy of organisasie wat belangstel om die Borg-‘n-bus-projek te ondersteun, is welkom om vir Jack Louw te kontak by tel. 021 872 3441 of e-pos Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien .

 

 
Nuusbrief
Soekfunksie
facebooktwittet
tel: +27(0)21 872 3441