Leerders verken tradisies ter viering van Erfenisdag
Inheemse tradisies is hier om te bly – veral as dit potjiekos is! Só sê die 211 leerders wat aan dié tradisionele dis gesmul het ná afloop van die Erfenisdagvieringe van die Afrikaanse Taalmuseum en -monument en die Paarl Museum op 7 September 2010 by Amstelhof Primêr in die Paarl.

In 2010 was die amptelike tema vir Erfenisdag, wat jaarliks in September gevier word, “Inheemse kennisstelsels en tradisies”.
Graad 4- tot 6-leerders van die primêre skole Amstelhof en Simondium (van die Paarl), en die primêre skole St. Albans en Voor-Groenberg (van Wellington), is genooi om ’n tradisionele item in die vorm van ’n dans, voordrag of sang te lewer.
Die leerders is kortliks toegespreek oor die betekenis van Erfenisdag, waarna verteenwoordigers van verskillende kultuurgroepe hul onderskeie tradisies aan die leerders gedemonstreer het. Leerders kon ook dié kultuurgroepe se uitstallings besoek om meer te wete te kom.
Vir meer inligting oor die Taalmuseum se opvoedkundige programme, kontak Catherine Snel by die Taalmuseum by tel. 021 872 3441 of
Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien
.




